Foto’s: Voormalige Mej. SA verloof

Liesl Laurie en haar verloofde, dr. Musa Nthombeni. (Foto: Instagram)

Liesl Laurie, voormalige Mej. Suid-Afrika en radio-omroeper op JacarandaFM, het Sondag verloof geraak.

Laurie (30), wat haar liefdeslewe grootliks privaat hou, het Sondag die nuus van haar verlowing op sosiale media gedeel.

“Ja,” het sy geskryf onder ʼn foto waar haar verloofde, dr. Musa Nthombeni, die groot vraag vra. Laurie was duidelik uiters verras deur die swart ringboksie wat Nthombeni te voorskyn bring.

Laurie het Maandagoggend aan mede-omroeper Martin Bester op JacarandaFM gesê Nthombeni het haar met ʼn naweek weg na KwaZulu-Natal bederf en het haar ná ʼn helikopterrit op ʼn bergtop in Durban gevra om sy vrou te word.

“Ek kan nie eens praat nie,” het ʼn tranerige Laurie aan Bester gesê. “Ons almal het die afgelope tyd soveel opgegee en verloor, en dat dít nou met my gebeur is so ongelooflik.”

Nthombeni was bekend as kinderster op die destydse program YoTV. Hy het sy mediese graad drie jaar gelede verwerf. Laurie het in 2015 die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.