Foto’s: Voormalige Mej. SA verloof

Adè van Heerden en Alex Forsyth-Thompson is verloof. (Foto: Instagram)

Adè van Heerden, voormalige Mej. Suid-Afrika, is verloof. Sy het dié nuus Vrydag op Instagram bekend gemaak met ʼn rits foto’s van ʼn sprankelende ring aan haar vinger.

Alex Forsyth-Thompson, ʼn finansiële ontleder van Johannesburg, het die ring by die Emily Moon River Lodge aan die langbeenskoonheid se vinger gesteek. Hulle is al ʼn geruime tyd ʼn paartjie.

“Dit was die maklikste ‘ja’ van my hele lewe,” het Adè op Instagram geskryf. Sy het ook Spreuke 31:10-12 aangehaal.

“Om die detail van ons verhouding aan God toe te vertrou, het ons na hierdie oomblik gelei. En nou gaan ek met my beste vriend trou.”

Adè, ʼn gekwalifiseerde dokter van die Wes-Kaap, is in 2017 as eerste prinses aangewys tydens die Mej. SA-kompetisie, wat deur Demi-Leigh Nel-Peters (nou Tebow) gewen is. Sy is egter later as Mej. SA gekroon toe Demi-Leigh as Mej. Heelal gekroon is.

Sy het Suid-Afrika in 2017 by die Mej. Wêreld-kompetisie in China verteenwoordig en die top-10 gehaal, asook die “Beauty with a purpose”-prys ingeoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.