Franja du Plessis: “My beker loop oor”

Willie Engelbrecht en Franja du Plessis (Foto: Facebook)

Willie Engelbrecht en Franja du Plessis (Foto: Facebook)

Verlede jaar het met mening afgeskop vir die Afrikaanse sangeres Franja du Plessis, dogter van die gewilde Juanita du Plessis, en vanjaar beloof om selfs groter dinge vir die jong sangeres in te hou.

Franja se debuutalbum, My Verhaal, het verlede jaar slegs vier maande na die uitreiking daarvan goue status bereik.

Sy het die goue toekenning einde verlede jaar op kykNET se GROOT Ontbyt-program ontvang. “Baie dankie aan almal wat my album gekoop het! Julle sal nooit weet wat dit vir my beteken nie,” het sy gesê.

Die sangeres het ook Donderdag ʼn foto van haar en haar kêrel, Willie Engelbrecht, op Instagram gedeel waarin sy met ʼn knoets van ʼn ring spog.

Johrné van Huyssteen, ʼn aanbieder op die GROOT Ontbyt, het Franja vroeër oor dié ring uitgevra, waarna sy haar verlowing bevestig het.

Franja en Engelbrecht is in April vanjaar al vir vyf jaar ʼn paartjie.

Benewens haar verlowing en goue status, is sy vanjaar ook ambassadeur vir die DK Cosmetics Karaja SA-gimeerhandelsmerk.

“Ek is so dankbaar vir ’n ongelooflik geseënde jaar. Soveel dinge wat my beker laat oorloop! Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning en dat julle help om my droom waar te maak en maak dat ek my passie kan uitleef! Mag al julle drome waar word en kom ons gryp 2017 met ope arms aan,” het sy vandeesweek op Facebook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Hartlik geluk ons sonskyn kind! Mag God jou lei en mag al jou wense en drome bewaar word.
Franja en Willie is ‘n prag paartjie. Hul ouers en familie kan opreg trots wees.
Lewe en strewe na die wil van God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.