Franja gee raad vir skoolverlaters

Franja du Plessis (Foto: Instagram)

Franja du Plessis het Suid-Afrika aan haar voete met treffers soos “Ek kan nie ophou kyk nie”, “Meer as ʼn melodie” en “Stad van verlange”, maar sy kan nog onthou hoe onseker die tyd ná skool kan wees vir jong vroue.

Sy is nou 24 jaar oud en meer selfversekerd as voorheen, en nou deel sy haar tien beste wenke met ander jong vroue wat die skool binnekort gaan verlaat om hul eie pad te stap.

Franja se wenke:

  1. Vir myself maak ek seker my verhouding met God is sterk en dat ek vashou aan Hom in moeilike tye.
  1. Jy is uniek in eie reg; moenie jouself met ander vergelyk nie. Maak nuwe vriende!
  1. Nie almal gaan noodwendig van jou hou nie en elkeen het sy eie opinie. Konsentreer op die mense wat wel van jou hou en daar is vir jou!
  1. ʼn Mens verloor vinnig kontak met skoolvriende as jy nie moeite doen om seker te maak julle bly mekaar sien nie.
  1. Ruan, Juanita en Franja du Plessis (Foto: Instagram)

    Geniet jou lewe as jong mens – jy kry dit net een keer! Maak “memories” en lag baie! Dis die beste medisyne.

  1. Probeer om ’n werk te kry wat jy regtig geniet, dan sal jy nooit ʼn dag in jou lewe werk nie!
  1. Luister vir jou ouers en na ouer mense se raad. Hulle het baie meer kennis van die lewe.
  1. Kry iemand waarmee jy oor enigiets kan praat. ʼn Mens moet kan praat met iemand en nie alles binne-in jou opkrop nie.
  1. Wat jou “ander helfte” betref, glo ek hy sal op die regte tyd oor jou pad kom. ’n Man moet jou vind, ek glo nie ’n vrou moet die jagwerk doen nie.
  1. Gee jou beste in alles! En ek glo jou beste is genoeg!

Franja du Plessis is op 20 Oktober te sien by die Jonk in Afrikaans-konsert saam met Elvis se Seun, Irene-Louise van Wyk, Chané Valentine en nog baie ander. Vir meer inligting oor dié konsert klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.