‘Fynskrif’-akteur en sy vrou se paaie skei

Neels van Jaarsveld en Jeanne Flynne (Foto: Maroela Media)

Die gewilde akteur Neels van Jaarsveld (41) en sy modelvrou, Jeanne Flynn (31), het ná net meer as ʼn jaar en ʼn half getroude lewe, besluit om paaie te skei.

Neels het dié nuus Woensdag op Facebook bekend gemaak.

“Dit is met groot hartseer dat ek aankondig dat ek en my vrou uit mekaar is. Ons het geleidelik uitmekaar gegroei, maar ons is steeds goeie vriende wat vir mekaar die beste in die toekoms toewens.”

Neels van Jaarsveld en Jeanne Flynn (Foto: Facebook)

“Geen verdere kommentaar sal gegee word nie, en ons vertrou julle sal ons privaatheid respekteer,” het Van Jaarsveld geskryf.

Van Jaarsveld en Flynn is in April 2017 in Witsand in die Wes-Kaap getroud nadat hulle op Facebook ontmoet het.

“Ek neem foto’s, en sy het eendag een van my foto’s op Facebook ge-like. Ek het toe na haar profiel gaan kyk, en gedink sy lyk baie oulik. Daarna het ek haar uitgenooi vir ʼn melkskommel, sy het opgedaag, en die res is geskiedenis,” het Van Jaarsveld destyds aan Bravo! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Magda ·

Neels julle is albei mooi mense binne en buite .. sterkte op julle pad voorentoe xx

Ena ·

Hukom bymekaar wees as hyl geluk op n ander plek dalk le.
Ongelukkigheid is soos kanker….maak jou siek en dood.

Lank getroud ·

Sjoe manier hoe berig geskryf is klink asof hulle lank getroud was “na meer as n jaar en n half” moes dalk eerder geskryf het “ Jong getroude paar skei slegs na n jaar en n half”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.