‘Fynskrif’ se Kim gee die jawoord

Murray en Kim. Foto: Instagram

Kim Cloete, wat tans te sien is in die kykNET-reeks Fynskrif, is verloof.

Cloete het ʼn foto van haar verloofring op Instagram gedeel en geskryf: “Ek het natuurlik ja gesê.”

Cloete, wat die rol van Anne Matthews in Fynskrif vertolk, is verloof aan die akteur Murray Todd. Hy was al te sien in TV-reekse soos Black Sails en die rolprent Invictus.

Die paartjie is volgens berigte reeds vir amper twee jaar in ʼn verhouding. Hulle het ook onlangs ʼn huis in Johannesburg gekoop.

Cloete was nog tot in Mei vanjaar in die kykNET-sepie Binnelanders te sien as Bronwyn Abrahams. Sy is ook bekend as aanbieder en seremoniemeester, en is ʼn vennoot van ʼn vervaardigingshuis wat televisiereekse en rolprente maak.

Kim se verloofring. Foto: Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annie ·

Mag julle verskriklik gelukkig wees!! Alles van die mooiste en baie seën vir julle!

Bertie ·

Geluk liewe Kim!! ek is mal oor jou! mag julle baie, baie gelukkig wees en God julle lewe saam seën. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.