‘Geliefde SA persoonlikheid’ binnekort op Jacaranda FM

Elana Afrika-Bredenkamp sluit vanaf 1 Augustus by Jacaranda FM aan (Foto: Verskaf)

Jacaranda FM het vandag bekendgemaak dat die bekroonde TV- en radiopersoonlikheid, Elana Afrika-Bredenkamp, haar binnekort by dié stasie aansluit.

Vanaf 1 Augustus sal Afrika-Bredenkamp die WorkZone, weeksdae tussen 9:00 en 12:00, aanbied en oorneem by Mack Rapapali wat na ʼn aandtydgleuf skuif.

Elana sal voortgaan met haar werk aan huidige en nuwe TV-programme, sowel as haar aanbieding van ouerskap-inspirasie op Elana Afrika’s Baby Brunch, wat op Jacaranda FM se podsendingtuiste, JacPod, te vinde sal wees.

Haar hooffokus sal egter wees om seker te maak dat die WorkZone sy belofte van geen herhalings gestand doen met al Jacaranda FM se gunstelingkunstenaars, eersteklas inhoud en gereelde nuus- en verkeersverslae.

“Om ʼn aanbieder van Elana se kaliber en charisma aan boord te bring voeg verdere trefkrag by tot ons daaglikse program. Sy’s reeds ʼn bewese gunsteling met haar rolle in televisie en radio en ons gehoor sal mal wees oor haar,” het Kevin Fine, Jacaranda FM se algemene bestuurder, gesê.

“Om terug te keer na Jacaranda FM – ek voel of ek tuiskom,” het Afrika-Bredenkamp gesê. “Ek wou nog altyd my talent vir ’n goeie doel aanwend – die wonderlike span by hierdie radiostasie verstaan positiewe verandering en die rol van teruggee. Ek is opgewonde om deel te wees daarvan. Sien julle 1 Augustus!”

In ander programveranderinge by Jacaranda FM skuif Mack Rapapali na 22:00 tot 01:00 van Maandae tot Donderdae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

EQV ·

Niks om oor huis toe te skryf nie,,jakaranda het my verlede jaar verloor en ek is baie tuis by bosveld stereo

Johan ·

elana.is.my.held.sy.moet.saam.met.sue.pyler.by
rsg.werk.dankie

Klippie ·

Ek luister vir jare nie meer Jakaranda FM nie – hulle meng hul taal te veel na my smaak . Ek moet sê ek hou van die musiek wat hulle speel – maar Afrikaans is vir my belangriker!! Ek luister eerder Oos Rand Radio of RSG!!

Annie ·

Luister glad nie meer na Jakaranda nie. Geniet LM radio baie meer.

Se maar net ·

Ek hou van Elana, maar gewoonlik bly die mense nie lank op die radio nie ons het dit nou al hoeveel keer gesien.

Alicia ·

Groot FM bo! Ek is dol oor Eben!
Ek is so bly oor die tebakel verlede jaar. Dit het my forseer om uit my jacaranda groef uit te kom.

Kaitie ·

Ek hou van Elana, maar dit gaan my nie terug bring Jacaranda toe nie…. Nee wat Groot FM is puik!

Lee Randburg ·

LM Radio en Bosveld ontdek en die musiek is fantasties!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.