‘Getroud met Rugby’-akteur gaan pa word

Altus Theart en sy vrou, Zetske van Pletzen. Foto: Louw Mulder

Altus Theart en sy vrou, Zetske van Pletzen. Foto: Louw Mulder

Altus Theart, wat bekend is vir sy rol as Fafa in die kykNET-sepie Getroud met Rugby, en sy vrou, die aktrise Zetske van Pletzen, gaan ouers word.

Sandra Vaugh, wat met Zetske se pa, die akteur Pierre van Pletzen getroud is, het op Facebook bevestig die paartjie verwag hul eersteling. “Ons is so opgewonde en dankbaar,” het sy geskryf. Zetske se ma is bekende aktrise Elzette Maarschalk.

Zetske en Altus is op 6 Januarie 2012 naby Bronkhorstspruit getroud nadat hulle in Junie die vorige jaar verloof geraak het. Altus, wat deesdae ook sy lyf sanger hou, is tans te sien in die rolprent Modder en Bloed. Zetske het al in verskeie rolprente en TV-programme soos 7de Laan gespeel en het haar eie klerereeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Uit die Ooste ·

Daar is duisende mans wat ook n pa word in SA . Wat maak die storie nou anders. Is dit nou nuus ? vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.