‘Getroud met rugby’-man kry jawoord

David en Joanika (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse akteur David Vlok het onlangs verloof geraak aan Joanika Haasbroek. Dié twee is sedert 2011 in ʼn verhouding.

Die akteur het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Vlok het saam met sy vriend, die akteur Lochner de Kock, byna ʼn jaar lank aan dié verlowing beplan.

Hy het toe sommer die jawoord by “Lochie” se huis ook gevra.

“Joanika was oorstelp van vreugde en moes later die aand net seker maak of sy wel ‘ja’ gesê het,” het die akteur aan kykNET vertel.

Vlok is veral bekend vir sy rol as Gideon Bekker in die kykNET-sepie Getroud met rugby en ook as Tim Voster in M-Net se Egoli.

Getroud met Rugby (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan Erasmus ·

Waarskuwing aan die dame. ‘n man wat ‘n jaar lank beplan aan die verlowing, kan nie ‘n besluit neem nie. Nee David. Roer jou litte.

Basson ·

Ek was 11 toe ek vir David Vlok ontmoet het.Hy was in PTA sentraal besig gewees om n jaagtog te skiet vir Jackie Chan se nuwe fliek Who am I.Ek onthou dit nog soos gister .Jackie was bombasties met die kinders.Die laerskool was net langsaan die gevagenis terrein (Potgieter straat).David was gaaf genoeg gewees om met die kinders te gesels en sy hand tekening te gee.Ek hoop David kyk mooi na haar .Groete Van die ou dae .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.