Gewilde Afrikaanse akteur trou stilletjies

Neels van Jaarsveld en Jeanne Flynn (Foto: Facebook)

Die gewilde Afrikaanse akteur Neels van Jaarsveld (38) en sy meisie, Jeanne Flynn (28), het onlangs die knoop deurgehak.

Die egpaar, wat op Witsand in die Wes-Kaap getrou het, se troue is deur die kykNETprogram Bravo! verfilm.

“Ons beplan al ʼn jaar lank aan die troue,” het hy aan Bravo! vertel. “Toe ek haar die eerste keer vra om met my te trou, het sy lank gegiggel voor sy ja gesê het. Nou gaan ek ʼn getroude man wees vir ewig en altyd.”

Die egpaar het op 5 April verlede jaar – ook op Witsand – in die Wes-Kaap verloof geraak.

Die akteur het aan Bravo! vertel hy en Jeanne het op Facebook ontmoet. “Ek neem foto’s, en sy het eendag een van my foto’s op Facebook ge-like. Ek het toe na haar profiel gaan kyk, en gedink sy lyk baie oulik. Daarna het ek haar uitgenooi vir ʼn melkskommel, sy het opgedaag, en die res is geskiedenis.”

Neels is veral bekend vir sy rolle in Binnelanders en Vir die voëls. Jeanne is ʼn beroepsdanser.

Kyk Bravo! se insetsel hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elma ·

Sjoe julle lyk pragtig. En Witsand. So romanties. Net liefde en voorspoed en geluk vir julle, julle is pragtig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.