Gewilde Afrikaanse sangeres verloof

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach. Foto: Instagram

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach. Foto: Instagram

Die gewilde Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld is verloof.

Karlien het die nuus Saterdag op haar Instagram-profiel bekendgemaak dat sy en die voormalige rugbyspeler, Joe Breytenbach, verloof is. “Ek wil graag die nuus met julle deel voor die media dit doen. Ek en Joe [Breytenbach] is verloof,” het sy geskryf.

“Almal vra, wie is Joe? So, Joe is net ʼn gewone ou, met ʼn gewone werk wat lief is vir gholf op ʼn random afdag en ʼn bier om te ontspan. Hy like sigare rook (hy rook so bietjie teveel van dit), sy gunsteling- Afrikaanse kunstenaar is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos vir ons in die huis.

“Ek het Joe in Potch ontmoet 11 jaar terug. Ons het gesoen, ‘but then he went to France’ en Joe was nooit weer te sien of te hore van… And then ‘there he was’, popped out of the blue sonder ʼn wit perd, in ʼn swart hemp en ʼn swart stywe jean met een baie groot smile, en ʼn baie sweet ‘hello’ net so sweet soos 11 jaar terug. En soos hulle sê ‘you had me at hello’. The rest is history. Regte tyd. Regte plek.

“So ja dis ons lang storie in baie kort. Ek is baie happy en baie happy om dit met julle te kan deel.” [sic]

Karlien is in Oktober verlede jaar van die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard geskei. Die twee het tweeling-seuntjies wat op 19 Desember 2013 gebore is. Die egpaar het in Januarie 2015 aangekondig dat Karlien, wat toe 21 weke swanger was, ʼn miskraam gehad het. Sy het ʼn dogtertjie verwag.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Karlien van Jaarsveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christelle ·

Ek dink dis fantasties. Wat ‘n pragtige paartjie. Almal verdien geluk. Wie is enige iemand om kritiek te lewer. Bly stil!

Louisa ·

Sy is ‘n AFRIKAANSE sangeres, maar haar taal is deurspek met engelse woorde??? Solidariteit en Afriforum veg in die howe om Arikaans te behou in ons universiteite en die res van die afrikaner volk praat hierdie gemengde taal? As ons as afrikaners nie ons eie taal belangrik ag nie, verdien ons om ons afrikaanse taal te verloor!!

Gerda Pretorius ·

Beswaarlik Afrikaans met daardie deurmekaar gebrabbel.

Ken ·

Ek het nog altyd baie van haar gehou omdat ek dog sy spandeer baie tyd aan liefdadigheidwerk, maar soos hulle sê, liefdadigheid begin by jou eie gesin. Ek hoop nie jy is reg dat sy haar eie kinders afskeep nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.