Gewilde aktrise verloof: ‘Jy’s my liefde, my beste vriend’

Foto: Amalia Uys via Instagram

Foto: Amalia Uys via Instagram

Die gewilde aktrise Amalia Uys is verloof.

Amalia het die nuus die afgelope naweek op sosiale media aangekondig.

“Ek is meer as gereed om hierdie reis saam met jou aan te pak, my liefde en my beste vriend,” het sy op Instagram geskryf.

Die aktrise en haar verloofde, Shaun Golding, is al vir twee en ʼn half jaar ʼn paartjie.

Sy het aan Sarie.com vertel hulle het reeds in Desember verloof geraak, maar het verkies om die nuus vir eers stil te hou.

“Ons het laatmiddag op die strand gaan stap, en dis waar hy my gevra het om te trou,” het sy gesê.

Die paartjie het mekaar ook aan die Weskus ontmoet.

Amalia is grootliks bekend vir haar rolle in Sy klink soos lente en 7de Laan. Die aktrise het voorheen aan Maroela Media vertel dis vir haar belangrik om van haar karakter, Sanmarie, weg te breek en as gerekende aktrise beskou te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ano ·

AG TOG! Hoekom moet al die akteurs/aktrises altyd hulle privaat lewe in koerante ens aankondig? Hemel mense – kry ‘n lewe.

Jack Russl ·

Seker maar omdat mense soos jy daarin belangstel, want anders sou jy nooit die artikel gelees het nie

Haibo ·

Wies dit? Sien hulle vir die eerste keer in my lewe op ‘n foto wat ook maar onduidelik is, kan steeds nie uitmaak wie hulle is nie .. maar geluk vir wat dit werd is.

Theresa B ·

Ek stem Ano. En volgende die volgende artikel en troue is in Huisgenoot. LoL!!

Steven ·

Niemand stel ‘kamtig’ belang, maar almal lees die berig en lewer kommentaar. LOL!

Jay ·

Na wie verwys jy BOLANDER? Die paartjie wat verloof geraak het of op ons ander wat kommentaar lewer?

Louis ·

Geluk julle!Eers verloof dan trou en dan kinders .Daar is darem nog kinders wat reg opgevoed is mooi so!

Luister ·

Veels geluk!! Ignoreer maar al die suurknolle wat niks goeds te sê het nie!

helene ·

Baie goeie nuus! Ons stel belang in Amalia. Sy kom uit n baie ordentlike huis. Ons het jare lank op dieselfde dorp as haar ouers gewoon. My man het ook saam met die Uys familie gewerk. Haar oupa oom Theunis Uys was n begaafde skrywer. Haar ouma was n voorvatter in die gemeentskap. Ons is trots om met haar geassosieer te word. Baie goeie aktrise met waardes,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.