Gewilde Amerikaanse sangeres kom eerste keer SA toe

Katy Perry (Foto: Instagram)

Die Amerikaanse sangeres Katy Perry het Woensdagoggend aangekondig dat sy later vanjaar vir die eerste keer in haar loopbaan in ʼn konsert in Suid-Afrika te sien gaan wees.

Die sangeres is al sedert September verlede jaar in die internasionale WITNESS: The Tour te sien en gaan nou met dié toer ook in Johannesburg draai.

“Ek het wonderlike nuus vir julle – ek het nog nooit in Suid-Afrika getoer nie, maar gaan nou in Julie vanjaar in Johannesburg te sien wees en ek hoop julle kan kom,” het die sangeres in ʼn video laat hoor. “Dit gaan so ongelooflik wees om WITNESS: The Tour uiteindelik – ná 10 jaar in die bedryf – na Suid-Afrika te bring. Ek kan nie wag om julle te ontmoet en saam met julle te sing en dans nie.”

Die sangeres het byna ʼn dekade gelede roem verwerf met haar album One of the Boys – die eerste album wat sy as Katy Perry vrygestel het. Haar debuutalbum, wat sy vroeër onder haar geboortenaam vrygestel het, was nie ewe suksesvol nie.

Sy het intussen verskeie toekennings ontvang, is internasionaal gewild en veral bekend vir liedjies soos “Roar”, “Dark Horse” en “Wide Awake”.

Perry sal op 18 en 20 Julie by die Ticketpro Dome in Johannesburg te sien wees. Voorverkope het reeds Woensdagoggend vir Discovery-lede geopen. Indien jy nié ʼn Discovery-lid is nie, kan jy vanaf 26 Januarie jou kaartjies op Computicket koop.

Katy Perry is coming to SA!

Katy Perry will be coming to South Africa for the very first time as part of her Witness: The Tour – presented by Discovery!Wednesday 18th July 2018 at the Ticketpro Dome Friday 20th July 2018 at the Ticketpro DomeTickets go on sale Fri 26 Jan at 9am from www.bigconcerts.co.zaDiscovery Vitality Credit Card holders get an exclusive 48-hour pre-sale from 24th Jan at 9am. #Discovery48hrsGo to www.discovery.co.za for more info.#KatyPerryJHB #WitnessTheTour 947 M-Net Channel24

Posted by Big Concerts on Tuesday, January 23, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.