Gewilde grapjas verwelkom babadogtertjie

andries vermeulen

Andries Vermeulen en sy vrou, Rieta, saam met hul babadogtertjie, Aleah. (Foto: Twitter)

Die Afrikaanse sanger en gewilde televisie-grapjas Andries Vermeulen en sy vrou, Rieta, het Maandag ʼn dogtertjie ryker geword.

Vermeulen, wat bekend is vir die kykNET-kletsprogram OppiStoep, het die nuus Dinsdag op Twitter bekendgemaak. Volgens die inskrywing heet die dogtertjie Aleah Cornelia Vermeulen en is sy Maandag om 09:44 gebore.

“Dis met groot trots en dankbaarheid dat ek en Rieta en ons prins R.W. ons prinses Aleah Vermeulen in die familie verwelkom,” het Vermeulen op Twitter gekoer. “Aan ons geskenk uit God se hand en koninkryk!”

Vermeulen se jongste dubbelalbum, In Afrikaans, is einde verlede jaar vrygestel. Die eerste CD in die dubbelalbum-pakket bevat tien liedjies wat hy saam met kunstenaars soos Elvis Blue, Adam Tas en Steve Hofmeyr geskryf het. Die tweede CD bevat 30 stories wat Vermeulen self geskryf óf van êrens geleen het.

In Afrikaans is reeds oor die hele Suid-Afrika in alle musiekwinkels beskikbaar, asook op iTunes en JOOX.

andries vermeulen

Aleah Vermeulen. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Jy sal ook nou maar jou geweer moet begin laai hoor Andries. Sy is pragtig. Bly dit gaan goed met mamma en baba. Baie geluk julle en Ouboet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.