Gewilde sanger en aktrise verloof

Stefan Ludik en Anelle Bester (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse glanspaartjie Stefan Ludik en Anelle Bester is verloof.

Bester, ʼn aktrise veral bekend vir haar rol in die SABC-sepie 7de Laan en die fliek Sonskyn Beperk, het dié nuus op sosiale media bevestig.

“Gister… Vandag… en elke more wat ons gegun word sal ek jou lief hê my engel,” [sic] het sy op Instagram geskryf.

Susan Ludik, Stefan se ma en Namibiese agent, het die paartjie op sosiale media gelukgewens met dié stap in hul verhouding.

“Baie geluk met jul verlowing, liefste Stef en Anellie. Mag julle mekaar liefhê en goed wees vir mekaar tot in lengte van dae,” het sy geskryf.

Ludik, as sanger bekend onder die verhoognaam Elvis se Seun en as akteur vir sy rol as dr. Gustav Kemp in die kykNET-sepie Binnelanders, het Bester in die feestyd met ʼn groot knoets verras.

Die paartjie het vroeër foto’s van hul Desember-vakansie in Namibië met aanhangers op sosiale media gedeel.

Ludik en Bester was nie Dinsdag onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.