Gewilde TV-aanbieder weer swanger

Foto: Facebook

Minki van der Westhuizen, model en aanbieder van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou, het bekend gemaak dat sy swanger is met haar derde kind.

Van der Westhuizen het die nuus bekend gemaak met ʼn foto op sosiale media en die inskrywing: “Baba Joubert no 3 – Due Maart 2018.”

Van der Westhuizen en die voormalige rugbykaptein van die Leeus, Ernst Joubert, is op 8 Junie 2012 getroud. Die egpaar het daarna in Londen gaan woon en het in Desember 2015 na Suid-Afrika teruggekeer saam met hul dogtertjies, Katerien (4) en Elise (3).

kykNET het in Januarie 2016 aangekondig Van der Westhuizen is die nuwe aanbieder van Boer soek ʼn vrou. Sy het die leisels by Nadia Beukes oorgeneem.

Die nuwe reeks van Boer soek ʼn vrou sal vanaf Oktober op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

`n Aanbieder kan nie swanger raak nie, maar `n aanbiedster kan seker swanger raak as sy wil of wat sê ek?

Poppie ·

Hoewel daar deedae ‘n neiging is om nie na geslag te verwys nie, uit vrees dat dit as seksisties beskou kan word, besit Afrikaans wel die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei. In die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.

Dit is daarom nie verkeerd om te sê “Meryl Streep is ‘n gesoute akteur” nie.
Daarom is dit nie verkeerd deur die woord aanbieder te gebruik nie.

Poppie ·

Hoewel daar deedae ‘n neiging is om nie na geslag te verwys nie, uit vrees dat dit as seksisties beskou kan word, besit Afrikaans wel die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei. In die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.

Dit is daarom nie verkeerd om te sê “Meryl Streep is ‘n gesoute akteur” nie. Niks fout met aanbieder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.