Glansaand wil kinderhuise geldelike hupstoot gee

Lizz Meiring (Argieffoto)

Die Jakaranda- en Louis Botha-kinderhuis in die Jakarandastad bied vanjaar vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie aan ons deure kom klop het, ʼn behoorlike geldinsamelingsgeleentheid aan.

ʼn Glansryke gala-aand ten bate van dié kinderhuise, wat ʼn ete en ʼn veiling gaan insluit, vind op 3 Maart by Eduplex, ʼn private laerskool in Queenswood, Pretoria, plaas.

Charlene Grobler, hoof van die Jakaranda-kinderhuis, het aan Maroela Media benadruk hoe belangrik dié geleentheid vir die kinderhuis is.

“Weens die pandemie kon ons vir die afgelope twee jaar nie regtig geldinsamelings hou nie. Ons beoog om ons liggiefees weer vanjaar te hou, saam met ʼn paar ander glansgeleenthede.”

Grobler het ook verduidelik dat dié geleentheid nie net ten bate van die kinders is nie, maar ook van die kunste.

“Die kunste het vreeslik swaargekry die afgelope twee jaar. Dít is ʼn manier hoe ons terug kan gee aan dié gemeenskap.”

Die talentvolle Lizz Meiring hou haar lyf afslaer, en diegene wat die geleentheid gaan bywoon, gaan vermaak word deur Leon Gropp. ʼn Paar voormalige inwoners van die kinderhuis is ook uitgenooi om hul lewensverhale met die gehoor te kom deel.

Grobler moedig mense en sakeondernemings aan om kaartjies vir die glansgeleentheid aan te skaf. “Ons het lanklaas ʼn geleentheid gehad om weer mooi en netjies aan te trek.”

Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir meer besonderhede of besprekings vir die geleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alfred E Neuman ·

Sterkte. Ek wens julle alle sukses toe met die fondsinsameling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.