Die wêreldbekende Namibiese model Behati Prinsloo het Donderdag ʼn skattige foto van haar en haar man, die rocker Adam Levine, se nuwe babadogtertjie op Instagram gedeel.
Gio Grace Levine is op 15 Februarie vanjaar gebore.
“Sy het haar pa se tone,” het die model op Instagram gekoer.
Die egpaar is in Julie 2014 getroud. Prinsloo is veral bekend as ʼn onderkleremodel vir Victoria’s Secret en Levine as voorsanger vir die rock-groep Maroon 5.
Die twee se oudste dogter, Dusty Rose, is in September 2016 gebore.
Levine het voorheen skertsend aan die webwerf E!News vertel hy wil “minstens 17” kinders hê. “Ek is baie lief vir kinders,” het hy bygevoeg.
Ag moeder, daai voetjies lyk so sag!