Glanspaartjie hou tweede spogtroue

Ben Affleck en Jennifer Lopez het vir ‘n tweede keer getrou. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Die glansegpaar Jennifer Lopez en Ben Affleck het vir ’n tweede keer trou aan mekaar beloof, dié keer tydens ’n spogseremonie by Affleck se reusewoning in Georgia.

Lopez en Affleck wie se liefdesverhaal al in die vroeë 2000’s begin het, is reeds in Julie vanjaar in Las Vegas getroud.

Die 53-jarige bruid was in ’n Ralph Lauren-rok geklee en die gaste het die spoggeleentheid in wit uitrustings bygewoon.

Die egpaar het mekaar in 2002 op die stel van die rolprent Gigli ontmoet. Met die aanvang van hul verhouding was die mediakollig op hulle gerig.

Hulle sou reeds in 2003 afgehaak het, maar het die oorspronklike troudatum uitgestel. In 2004 het hulle die einde van hul pad saam bekend gemaak.

Affleck is in 2005 met die aktrise, Jennifer Garner, getroud. Hulle het drie kinders gehad voordat hul paaie in 2018 geskei het.

In 2004 is Lopez met Marc Anthony getroud en het in 2008 ’n tweeling verwelkom. Ná ’n vier jaar lange verhouding met die sportster Alex Rodriguez, wat ’n verlowing ingesluit het, het Lopez in April 2021 bekend gemaak dat die verlowing verbreek is.

In Julie 2021 het Affleck en Lopez weer amptelik as paartjie in die openbaar verskyn.

“Ek voel so gelukkig en trots om saam met hom te wees. Ons het ’n tweede kans gekry, dis ’n baie mooi liefdesverhaal,” het Lopez in Februarie vanjaar tydens ’n onderhoud met People-tydskrif gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snowball ·

Met enkele uitsonderings, kan ‘n mens nou nie juis trou, getroud of getrou en Hollywood in een sin sit nie.

Patch ·

Ek stem saam met Adrie… ou liefde roes nooit. Albei is nou ouer en wyser. Mag die twee lank en gelukkig saam lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.