Sean van Noordwyk, die donkerkop akteur bekend vir sy rol as die rugbyspeler Reitz in die kykNET-sepie Getroud met rugby, is Saterdag as Mnr. Wêreld Suid-Afrika gekroon.
Van Noordwyk (26) is tydens ʼn seremonie by The Galleria Conference and Events Venue in Sandton, Johannesburg gekroon. Hy het 14 ander finaliste uitgestof vir dié titel.
Anthony Sikanadze, ʼn liggaamsbouer, en Busa Vuyo Mbele, ʼn bemarkingsbestuurder en entrepreneur, is onderskeidelik in die tweede en derde plek aangewys.
“Ek is op die oomblik steeds geskok, maar hopelik sal my kop en liggaam vinnig bykom,” het Van Noordwyk Sondag op Instagram geskryf.
Die span van kykNET en Getroud met rugby het die akteur op sosiale media gelukgewens. “Baie geluk Sean! Ons het geweet jy kan dit doen en ons is super trots op jou.”
- Sean van Noordwyk op die verhoog by die Mnr. Wêreld SA-kompetisie (Foto: Rudi du Toit Photography)
- Sean van Noordwyk op die verhoog. (Foto: Rudi du Toit Photography)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Baie aangenaam op die oog