Graeme Smith trou weer

Graeme Smith, sy vrou Romy en hulle kinders. (Foto: Instagram)

Gelukwensings het die week op sosiale media ingestroom vir die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith en sy geliefde, Romy Lanfranchi, wat op 2 November by Beloftebos in die Wes-Kaap trou aanmekaar beloof het.

In ʼn inskrywing op Instagram het Smith ʼn pragtige foto van die nuwe familie gedeel en die dag as ongelooflik beskryf.

Smith se voormalige spanmaats, insluitend Wayne Parnell en JP Duminy, het die kranige kolwer met sy troue gelukgewens, terwyl selfs vyande op die krieketveld, soos Kevin Pietersen en voormalige Australiese krieketkaptein Michael Clarke, ook hul goeie wense oorgedra het. “Geluk aan julle albei, big dawwwwg,” het Duminy se boodskap gelui.

Die paartjie het reeds ʼn tweejarige seuntjie, Sebastien, saam. Smith het twee kinders uit sy vorige huwelik en Lanfranchi twee seuns uit haar vorige huwelik.

https://www.instagram.com/p/B4cHzPBJ90e/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ANE ·

BAIE SEEN EN BAIE VOORSPOED vir julle almal! Aaag,kyk dan nounet die glimlaggende vrolike ou kindergesiggies, mag dit so bly vir altyd! SEENWENSE

AB ·

Hy hanteer sy huwelike soos wat hy geopen het! Nie baie lank nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.