Die aktrise Julia Anastasopoulos, beter bekend as die grappige selfhelpghoeroe Suzelle DIY, het Saterdag die lewe geskenk aan haar eersteling.
Anastasopoulos het in ʼn Instagram-inskrywing gekoer oor die babadogtertjie, wat Zoe heet. “Sy’s hier! Ons kosbare baba Zoe het Saterdag arriveer en ons is halsoorkop verlief,” het die aktrise geskryf.
“Ek het nie die woorde om die magic te beskryf wat ek voel nie behalwe dat ek in absolute verwondering van hierdie klein mensie is. Dankie aan almal vir al die liefde en seënwense.”
Die Tali’s Wedding Diary-aktrise het in Maart aangekondig sy is swanger met haar en haar man, die vervaardiger Ari Kruger, se eersteling.
Anastasopoulos het ook voor Zoe se geboorte ʼn paar pragfoto’s van haar swanger magie op Instagram gedeel. “Ons is gereed vir jou klein babatjie,” het sy geskryf.
Baie geluk! Hopelik hou die kleintjie jou nou van die tv af
Geniet elke oomblik met jul kind. Suzelle DIY het baie pret en plesier verskaf veral as die vakansie bietjie lank raak. Die skoolsak DIY het hul lank besig gehou.
Daar is niks fout met Suzette nie, sy is n aangename verandering in vergelyking met al die wrede nuus wat ons elke dag moet hoor. Hoop ons sien nog baie van jou Suzette, veral as jy moedrskap idees by jou program inbou. Baie geluk met jou nuwe baba.
Suzelle, nie Suzette nie.
VanAfrika, jy’s duidelik n GROOT fan van Suzette LOL.
Kyk, sy het snaakse en verfrissende talent, ek vind dit net beledigend dat Peter hoop haar baba hou haar van tv af. Jammer omdat ek haar per ongeluk Suzette genoem het, Suzelle dan.☺
LOL… EK STEM
Baie geluk, baie bly vir julle.