Grapjas-aktrise verwag tweede spruit

Julia Anastasopoulos, bekend as Suzelle DIY, is swanger met haar tweede kind. (Foto: Instagram/Julia Anastasopoulos)

Die aktrise Julia Anastasopoulos, beter bekend as Suzelle DIY en Tali van die Showmax-treffers Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary, het Dinsdag op Instagram aangekondig sy is weer swanger.

Sy en haar man, die vervaardiger Ari Kruger, het ook ʼn dogtertjie wat in Julie 2018 gebore is en Zoe heet.

“In ander nuus… Ons is ook opgewonde om ʼn nuwe lid by ons komedietroep te verwelkom,” het Julia op Instagram geskryf by ʼn pragfoto waar sy haar bababoepie wys.

Julia’s baby diary season 2 here we come [sic],” het sy geskerts.

Talle bekendes, soos Elana Afrika en Rolanda Marais, het die aktrise geluk gewens met die swangerskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.