Grapjas gaan ma word; sangeres verwag tweede spruit

suzelle diy

Julia met haar swanger magie. (Foto: Instagram/Julia Anastasopoulos)

Die ooievaar doen al weer sy rondes onder Suid-Afrikaanse bekendes.

Die aktrise Julia Anastasopoulos, beter bekend as Suzelle DIY en Tali van die Showmax-treffer Tali’s Wedding Diary, het Sondag op Instagram aangekondig sy is swanger.

Dit is haar en haar man, die vervaardiger Ari Kruger, se eersteling.

Anastasopoulos het ʼn pragfoto van haar met haar swanger magie op Chapmanspiek in Kaapstad gedeel.

Die gewilde Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman het Maandagoggend op Instagram ʼn foto gedeel van die jongste uitgawe van Huisgenoot se voorblad. Norman en haar seuntjie, Graham, pryk op dié skattige voorblad en verklap ook dat sy weer swanger is.

andriette norman

Die Huisgenoot-voorblad met Andriëtte en haar seuntjie, Graham. (Foto: Instagram/Andriëtte Norman)

“Dankie, Huisgenoot, vir die mooi voorblad,” het die sangeres geskryf. “Dis vir my ʼn baie spesiale een met my bababeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.