Groot drama oor glanstydskrif-voorblad

Die voorblad van Vanity Fair se jaarlikse Hollywood-uitgawe –
Witherspoon het oënskynlik drie bene (Foto: Vanity Fair/Annie Leibovitz/Facebook)

Die Amerikaanse glanstydskrif Vanity Fair is in omstredenheid gehul nadat groot redigeringsflaters op onder meer die voorblad van sy jaarlikse Hollywood-uitgawe ingesluip het.

Verskeie glanspersoonlikhede soos onder andere Reese Witherspoon, Oprah Winfrey, Tom Hanks, Robert de Niro en Nicole Kidman is op dié voorblad te sien as deel van die tydskrif se jaarlikse spesiale uitgawe om die room van die rolprentbedryf in Hollywood te vier.

Die tydskrif, wat vanaf verlede week op die rakke beskikbaar was, het gou die aandag van talle mense op sosiale media getrek nadat die foto’s ook aanlyn geplaas is.

Dié foto’s, geneem deur die veelbekroonde Annie Leibovitz, wys die aktrise Reese Witherspoon met drie bene en Oprah Winfrey met drie hande.

Die foto’s is deur sosialemediagebruikers as ʼn redigeringsflater bestempel. “Ek probeer al die laaste paar minute uitpluis presies hoeveel bene Reese Witherspoon dan nou het,” het ʼn Twitter-gebruiker laat hoor.

Die bekendes het ook met hulself gekgeskeer. “Wel – ek neem aan almal weet dan nou. Ek het drie bene. Ek hoop julle kan my steeds aanvaar vir wie ek is. En ek sal nooit jammer sê dat ek so styf teen Oprah sit nie – as jy ooit die geleentheid kry, beveel ek dit aan,” het Witherspoon op Twitter laat hoor.

“Ek aanvaar jou derde been. Nes ek weet dat jy my derde hand sal aanvaar,” het Winfrey op die aktrise se inskrywing gereageer.

Vanity Fair het intussen gereageer deur aan The New York Times te sê die bekendes se ekstra ledemate is ʼn redigeringsfout wat ingesluip het weens ʼn groep foto’s – verskeie skote van dieselfde toneel – wat as’t ware bo-op mekaar gebruik is.

Dié omstredenheid volg kort nadat die tydskrif bekend gemaak het dat hy die akteur James Franco met behulp van digitale manipulering uit die foto’s gehaal het te midde van aanklagte van seksuele teistering wat teen hom aanhangig gemaak is.

Sarah Tither-Kaplan, ʼn voormalige leerlingaktrise aan Franco se dramaskool, het aangevoer dat die akteur drie jaar gelede tydens ʼn sekstoneel vir die fliek The Long Home die plastiekomhulsel wat akteurs se privaat dele tydens dié tonele beskerm, verwyder het en toe seks gesimuleer het.

Ander studente van die dramaskool het beweer daar was ʼn onprofessionele kultuur by dié skool waar hy sekstoneelklasse aangebied het.

Leibovitz het nie self ʼn verklaring uitgereik nie.

Die voorblad van Vanity Fair se jaarlikse Hollywood-uitgawe –
Witherspoon het oënskynlik drie bene (Foto: Vanity Fair/Annie Leibovitz/Facebook)

Op dié foto het Oprah drie hande (Foto: Vanity Fair/Annie Leibovitz/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nel ·

Hahahaha…Koop!
Die spesifieke voorblad gaan nog ‘n gesogte versamelstuk word…

Joh ·

Ten spyte van die 3 bene en 3 hande is dit ‘n pragtige foto. Maar net 1 Annie Leibovitz

VanAfrika ·

Ek sien nie Oprah se derde hand nie, die een op haar skouer is Reese sin

Koos1 ·

Geen wonder Tom Hanks lyk so verward nie. Ek dink hy is oortuig dat hulle ‘n advertensie doen vir die nuwe Men (and woman) In Black (and cream) 4 fliek, en Harrisson Ford lyk so cool, ek dink hy sal weer die hero wees soos in Indiana Jones!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.