Groot skrik toe sanger se kind met varkgriep gediagnoseer is

Pieter Koen en sy vrou, Lotie, en hul kinders Luné, Juván en Jayden (Foto: Facebook)

Pieter Koen en sy vrou, Lotie, en hul kinders Luné, Juván en Jayden (Foto: Facebook)

Die sanger en televisieaanbieder Pieter Koen en sy vrou, Lotie, sê hulle het groot geskrik toe hul seun, Jayden (8), met varkgriep gediagnoseer is.

Pieter het aan Maroela Media vertel Jayden het in Augustus begin kla dat hy nie lekker voel nie. Die gesin was oortuig dat dit net ʼn griep was nadat Jayden by die dokter was.

“Hy het egter later in Augustus een oggend opgestaan en gekla dat hy nie sy oë kan oophou nie en dat sy lyf baie seer is. Ons het groot geskrik en hom na die hospitaal gehaas, waar hy met varkgriep gediagnoseer is,” het hy gesê.

Die egpaar het ook twee ander kinders, Luné (5) en Juván (10), maar albei het dié griep vrygespring.

Jayden (Foto: Facebook)

Jayden (Foto: Facebook)

Jayden was ʼn week in die hospitaal vir behandeling. “Die dokters sê as die virus een maal daar is, bly hy altyd daar totdat ʼn katalisator weer veroorsaak dat die lyer siek raak.”

Die sanger meen streng medikasie en geloof het Jayden blitsvinnig weer op die been gekry. “Hy het ná ʼn week in die hospitaal vir sy ma op WhatsApp gekletsrym en gevra sy moet hom huis toe neem. Ons het hom toe sommer in ʼn rolstoel gelaai en na die Color Run by die skool geneem waar ek opgetree het,” het hy bygevoeg.

“Die dokter het so gelag, hy het gesê hy het nog nooit ʼn kind huis toe gestuur omdat hy gerap het nie,” het hy geskerts.

Die sanger het onlangs sy jongste enkelsnit, “Boobs, boude, bene”, bekendgestel en sê dié tong-in-die-kies musiek dui op sy ligter kant.

“Met die Wat die hart van vol is-album het ek meer ernstig geraak. Maar nou het ek besluit om weer iets prettig te doen. Aanhangers het gereeld by vertonings kom draai en gevra wanneer ek weer iets lekker gaan doen, en nou is hy hier. Die mense moet dit vat vir wat dit is: Draai die klank hoog, gooi die wyn en die kole en geniet hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marianne ·

Aaag nee tannie se skattebol.
Pieter en Lotie my gebede is by julle.
Ek glo Jayden sal 100% genees. Hy is so ‘n stunning kind. Al drie julle klein Koentjies is sweety-pies.
Vat dit rustig klein man, ons bid vir jou.

joann ·

My kleinseun was in graad5 toe het hy ook varkgriep gehad. Die koors was erg en hy was baie siek. Sterkte aan julle

Ilva ·

*Ek dink alle ouers slrik groot as hulle kinders siek word. Nie net bekendes nie*

Dark.O ·

Dit staan nêrens in die berig dat slegs bekendes skrik as hulle kinders siek word nie. Weet nie waar kom Ilva aan haar stelling nie.

Dark.O ·

Dit staan nêrens in die berig dat slegs bekendes skrik as hulle kinders siek word nie. Weet nie waar kom Ilva aan haar stelling nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.