Harry en Meghan laat spat wêreldrekord op Instagram

Harry en Meghan (Foto: Instagram via sussexroyal)

Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, het vandeesweek ʼn nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel nadat ʼn Instagram-rekening slegs vir dié paartjie die lig gesien het.

Harry en Meghan se Instagram-rekening, Sussex Royal, het die wêreldrekord laat spat vir die vinnigste tyd waarin ʼn miljoen volgelinge op ʼn Instagram-rekening bereik is.

Vandat Sussex Royal op Dinsdag 2 April van stapel gestuur is, het dit slegs 5 uur en 45 minute geneem om 1 miljoen volgelinge te bereik. Sedertdien het dié getal reeds verdriedubbel en staan dit tans op 3,7 miljoen volgelinge.

Die Instagram-rekening se eerste plasing het ook reeds meer as ʼn miljoen “likes” gekry. Dié plasing het die rekening bekendgestel as “Die amptelike Instagram van die hertog en hertogin van Sussex”.

Sedertdien is daar nog drie plasings gemaak met foto’s van die paartjie saam en waar hulle werk aan kwessies waaroor hulle passievol is.

Harry en Meghan (Foto: Instagram via sussexroyal)

“Welkom by ons amptelike Instagram; ons sien uit daarna om werk wat ons dryf, kwessies wat ons ondersteun en belangrike aankondigings met julle te deel. Ons dank julle vir jul ondersteuning, en heet julle welkom by @sussexroyal – Harry & Meghan,” lees die eerste verwelkomingsinskrywing.

Voorheen is ál die koninklike nuus op die Instagram-rekening Kensington Royal gedeel, maar dit blyk dat dié rekening nou slegs vir William en Kate gebruik gaan word, terwyl Sussex Royal toegewy is aan Harry en Meghan.

Al dié aandag wat Sussex Royal kry, is waarskynlik danksy Harry en Meghan se eerste baba wat binnekort sy of haar opwagting gaan maak.

Maroela Media het vroeër berig dat Meghan se baba einde April of begin Mei gebore sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

? leser ·

hulle is seker maar geregtig op hul eie instagram rekening
dit blyk ook net te wees dat die laaste foto op die blad van meghan geneem is voordat die magie groot en bol bestaan het

Aitog! ·

En van daardie dag af loop sy heeltyd met haar hande om of op haar maag. So onvanpas en irreteerend.

Andreas ·

Die ‘username’ is ‘wederregtelik’ aan hulle toegeken. Van wat ek verstaan is dit aan hulle toegeken terwyl dit reeds aan ‘n ander persoon, vir baie lank reeds, ‘n duikinstrukteur, toegeken is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.