Hoe lyk Hollywood: Baftas gaan voort agter geslote deure; Biebers dreig plastiese chirurg met regsaksie

Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.

Baftas gaan voort agter geslote deure

Prrins William en sy vrou Kate op verlede jaar se Baftas. (Foto: Tim Ireland/AP Photo)

Die British Academy of Film and Television Arts-toekennings (Baftas) wat verlede jaar in die Royal Albert Hall in Londen uitgedeel is, word vanjaar agter geslote deure aangebied as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie.

Die akteur Richard Ayoade sal die aanbieder wees en in ʼn geslote ateljee die wenners aankondig. Die wenners sal ook hul aanvaardingstoesprake aanlyn lewer.

Die geleentheid sou op 17 Mei plaasvind, maar die datum is geskuif na 31 Julie en sal nou uitgesaai word op BBC One.

Die benoemings vir vanjaar se Baftas word Donderdag aangekondig.

Biebers dreig plastiese chirurg met regsaksie

Hailey Bieber. (Foto: Instagram)

Die sanger Justin Bieber en sy vrou, die model Hailey Bieber, dreig om regsaksie te neem teen ʼn plastiese chirurg oor bewerings wat hy oor Hailey gemaak het op die video-app TikTok.

In ʼn hofbevel deur die Biebers se prokureurs beskuldig die egpaar dr. Daniel Barrett van Beverly Hills daarvan dat hy haar “naam, beeld en ewebeeld” gebruik om sy plastiese chirurgiepraktyk te adverteer. Die egpaar voer aan dié advertensies versprei valse gerugte dat Hailey plastiese snykunde ondergaan het.

In een van sy video’s plaas Barrett twee foto’s van Hailey langs mekaar en sê: “Let spesifiek op na die neus. Wat dink julle? Wel, ek sal julle sê wat ek dink. Ek dink dit is fisiek onmoontlik om van hierdie foto na daardie foto te gaan sonder hulp van iemand soos ek.”

Hoewel die egpaar baklei om dié video’s te laat verwyder, hou Barrett by sy standpunt en is die video’s nog op TikTok te sien.

Britney reik ‘nuwe’ musiek uit

Britney Spears. (Foto: Instagram)

Die popster Britney Spears het vandeesweek aangekondig dat sy ʼn bonussnit, “Mood Ring”, nou wêreldwyd beskikbaar gemaak het. Die snit het oorspronklik in 2016 in haar album Glory verskyn en is slegs in Japan uitgereik.

Dit het aanhangers, wat al vier jaar wag op nuwe musiek van dié 38-jarige “Baby One More Time”-sangeres, gaande gehad. Luisteraars in die VSA en elders kon tot Donderdag nie “Mood Ring” wettiglik luister of aflaai nie.

Sy het ook die omslag van die album verander om die liedjie se terugkeer na die iTunes-treffersparade te vier. “Julle het gevra vir ʼn nuwe omslag van die album en aangesien die liedjie na no. 1 gegaan het, moes ons dit laat gebeur!” het sy op Instagram gesê.

“Ek sou dit nie kon doen sonder julle nie.”

Volgens Spears se suster, Jamie Lynn, beplan die popster nie om binnekort terug  te keer na die ateljee nie.

“Britney ontspan nou. En ek dink dit is goed. Sy verdien dit. Sy het die wêreld baie gebied en ek dink nie daar is planne vir enigiets op die oomblik nie,” het Jamie Lynn aan The Hollywood Reporter gesê.

Bronne: E! News, BBC Entertainment

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bre ·

Biebers het meer as genoeg geld. Dis meer iets soos: “Moenie dat die wereld sien Hailey Bieber loop ook onder die mes deur nie. Dis nie natuurlike skoonheid nie maar valse skoonheid wat weggesteek moet word”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.