Hollywood: Britney ‘huil dae lank’ oor dokkie; TV-ster loop oues in

Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die jongste internasionale vermaaknuus.

Britney ‘huil dae lank’ oor dokkie

Britney Spears en haar kêrel, Sam Asghari, op die première van ‘Once Upon A Time…In Hollywood” by Chinese-teater in Hollywood, California in 2019. (Foto: Kevin Winter/Getty Images/AFP)

Die 39-jarige popster Britney Spears het onthul dat sy tot trane gedryf is deur ʼn onlangse dokumentêr oor haar lewe en die wettige voogskap van haar pa, Jamie Spears, oor haar geldsake.

Die sanger sê sy het nie Framing Britney Spears as ʼn geheel gekyk nie, maar was ontsteld deur die dele wat sy wel gesien het.

“Ek het nie die dokumentêr gekyk nie, maar ek was verneder deur die lig waarin hulle my gestel het in die dele wat ek wel gesien het,” het die popster op Instagram geskryf.

Sy sê sy het “vir twee weke gehuil” nadat dit uitgesaai is.

Die plasing is haar eerste direkte kommentaar oor Framing Britney Spears, wat hoofsaaklik op haar lewe en geestesgesondheid fokus.

Saam met die inskrywing is ʼn video van die sangeres wat op die maat van die musiekgroep Aerosmith se treffer “Crazy” dans.

“Daar word nog altyd oor my lewe bespiegel … dopgehou … en geoordeel my hele lewe [sic],” het Spears aan haar 29 miljoen volgelinge gesê.

“Dit verg baie krag om die heelal te vertrou met jou ware weerloosheid, want ek word nog altyd geoordeel … beledig … en verneder deur die media … tot vandag toe. Soos wat die wêreld aanhou draai en die lewe aangaan, bly ons steeds kwesbaar en sensitief as mens. Ek is nie hier om perfek te wees nie … perfek is vervelig. Ek is hier om vriendelikheid uit te dra,” het sy gesê.

Britney Spears in Las Vegas, Nevada. (Foto: Ethan Miller/Getty Images/AFP)

Nadat sy dele van die dokumentêr gekyk het, het Spears gesê: “Ek het vir twee weke gehuil en wel … ek huil nog steeds soms. Ek doen wat ek kan in my eie spiritualiteit met myself en probeer om my eie vreugde, liefde en geluk te skep.”

Spears se lewe en sakebelange is onder voogskap sedert 2008 ná ʼn dramatiese en openbare ineenstorting. Sy het vroeër vandeesmaand formeel aansoek gedoen om haar pa uit sy rol as voog oor haar persoonlike sake te verwyder.

Samuel Ingham het vroeër aan die hof gesê Spears was bang vir haar pa en sal nie terugkeer na die verhoog vir so lank as wat hy beheer oor haar lewe het nie.

Spears het versoek dat Jodi Montgomery, ʼn tydelike voog wat in 2019 aangestel is, haar permanente persoonlike voog word.

Die regsdokumente dui ook aan dat die kunstenaar die reg voorbehou om uiteindelik ʼn versoek in te dien om die voogskap te beëindig.

Werklikheidstelevisiester verneuk bejaardes

Jennifer Shah. (Foto: Instagram)

Die Real Housewives of Salt Lake City-ster Jennifer Shah is aangekla van bedrog wat “duisende slagoffers” behels.

Die 47-jarige televisiester en haar assistent, Stuart Smith (43), is albei aangekla van sameswering om bedrog te pleeg en geldwassery, het ʼn advokaat in New York gesê.

Hulle is in hegtenis geneem en het Dinsdag in Salt Lake City in die federale hof verskyn. Daar word beweer dat hulle sedert 2012 ʼn bedrogskema oor die hele VSA bedryf.

Daar word beweer dat Shah en Smith saamgesweer het om ouer en rekenaarongeletterde mense in te loop deur telebemarkers en persoonlike verkoopspanne te gebruik om dienste wat “wesenlik nie bestaan nie” aan te bied.

Die Manhattense advokaat Audrey Strauss het gesê Shah “doen haarself voor as ʼn ryk en suksesvolle sakevrou op werklikheidstelevisie”.

“In werklikheid en soos beweer word, was die sogenaamde sakegeleenthede wat deur Shah, Smith en hulle medesamesweerders op slagoffers afgedwing is, net bedrieglike versinnings om slagoffers se geld te steel wat deur gierigheid gemotiveer is,” het sy gesê.

Die meeste van die beweerde slagoffers was ouer as 55 jaar.

Emmy-wenner onder bourommel gevind

Evelyn Sakash. (Foto: Facebook)

Die Emmy-bekroonde stelontwerper Evelyn Sakash is Dinsdag onder puin in haar huis in Queens, New York, gevind – ses maande nadat sy verdwyn het.

ʼn Woordvoerder vir die New Yorkse polisie het gesê haar liggaam is onder brokstukke in haar woonstel gevind. Volgens ʼn GoFundMe-skarefinansieringsblad wat geskep is sedert haar vedwyning, word Sakash (66) sedert September verlede jaar vermis.

Die polisie het aan Associated Press gesê die kunstenaar is gevind waar sy onder puin begrawe is op haar kombuisvloer in College Point, Queens.

Die mediese ondersoeker het bevestig sy het gesterf aan natuurlike oorsake weens aterosklerotiese kardiovaskulêre siekte, wat beskryf word as die verharding van die are wat dan die bloedtoevoer afsny.

Volgens Madeline O’Connell Hartling, skepper van die GoFundMe-bladsy, het Ellen Brown, Sakash se suster, ʼn skoonmaakmaatskappy gehuur om die woonstel op te ruim en dit is toe dat hulle op haar liggaam afgekom het.

Hartling, wat saam met Sakash in die kunsdepartement vir Orange is the New Black gewerk het, onthou haar voormalige kollega as “ʼn gawe, liefdevolle en vrygewige vriendin en suster”.

Die New York Daily News berig Brown het gesê sy is “verpletter” en het op bewerings dat Sakash ʼn opgaarder was, gereageer.

“[Die gebeure] was duidelik lankal aan’t kom. Sy het soms mense op ʼn afstand gehou. Een van die opskrifte lui ‘Queens hoarder’, maar dit is nie wie sy was nie.”

Hartling het om die beurt gesê sy het “geen benul gehad dat sy so in haar huis geleef het nie”. “Dit was ʼn deel van haar lewe, maar nie haar hele lewe nie, so ek hoop sy kan met meer barmhartigheid onthou word.”

Sakash was 25 jaar lank ʼn stelontwerper en kunsregisseur. Sy het aan bekende reekse soos Law & Order: Criminal Intent en Orange Is the New Black gewerk. Haar rolprentkrediete sluit in TaxiStill AliceMermaidsParadiseMade in AmericaMrs. WinterbourneEvery Messiah Is a Liar and My Brother. Sy het ook op die stel van Sesame Street se Elmo’s Magic Cookbook en Sesame Street: CinderElmo gewerk.

Sy het ʼn Emmy-toekenning gewen vir haar werk aan Between the Lion in 2003 en is in 2004 weer benoem.

Bronne: BBC, E! News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Karlahari

MM
Is sy onder puin of rommel gevind?
As dit puin was het die gebou inmekaar geval en dan sou skoonmakers nie kon skoon maak nie.
Aangesien sy beskryf word as ‘n “hoarder” neem ek aan dis rommel.