Hollywood: John Travolta vlieg al hoër; nog ʼn bekende se voogdyskap beëindig

Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die jongste internasionale vermaaknuus.

John Travolta (68) kry lisensie vir Boeing 737

John Travolta. (Foto: Skermgreep uit Instagram-video)

Die Grease– en Pulp Fiction-akteur John Travolta het sy vlieglisensie om ʼn Boeing 737 te vlieg bekom.

Die 68-jarige akteur het met groot trots dié nuus op sosiale media bekend gemaak. Hy het op Instagram onthul hy het sy vlieglisensie om as vlieënier vir ʼn kommersiële lugvaart op te tree gekry en ʼn video van homself voor ʼn vliegtuig gedeel.

“’n Baie trotse oomblik in my lugvaartgeskiedenis. Om by my 747- en 707-lisensies te voeg, het ek pas my 737-lisensie ook ontvang en dit het baie goed gegaan. Ek deel die oomblik graag met julle,” het hy in die video aan sy 3,8 miljoen volgelinge op Instagram gesê.

Nog ʼn bekende se voogdyskap beëindig

Amanda Bynes soos sy nou lyk. (Foto: Instagram)

ʼn Regter in Kalifornië, VSA, het beslis dat ʼn voogdyskap van nege jaar oor die aktrise Amanda Bynes se persoonlike sake beëindig kan word.

Die voormalige kinderster is onder wetlike voogdyskap, soortgelyk aan dié van Britney Spears, geplaas in 2013 terwyl sy psigiatriese behandeling ontvang het.

Bynes (35) was bekend vir onder meer The Amanda Show op Nickelodeon, asook die rolprente What a Girl Wants, She’s the Man en Easy A, maar het ʼn stryd teen dwelmmisbruik gevoer en geestesgesondheidsprobleme gehad.

Regter Roger L Lund het Dinsdag beslis die voogdyskap is nie meer nodig nie. “Sy het alles gedoen wat die hof van haar verwag het oor ʼn lang tydperk,” het Lund volgens The New York Times gesê.

ʼn Voogdyskap word deur die hof toegestaan vir individue wat nie in staat is om hulle eie besluite te neem nie. Onder dié ooreenkoms het Bynes se ma na haar dogter se geldelike en persoonlike sake omgesien en mediese besluite namens haar geneem.

Bynes het in ʼn verklaring aan People haar aanhangers bedank “vir hulle liefde en wense van voorspoed gedurende dié tyd”.

Amanda Bynes toe haar loopbaan nog op dreef was. (Foto: Instagram)

“Ek wil ook my prokureur en my ouers bedank vir hulle ondersteuning die laaste nege jaar. Oor die afgelope paar jaar het ek hard gewerk daaraan om my gesondheid te verbeter sodat ek onafhanklik kan leef en werk, en ek sal voortaan my welstand prioritiseer in die volgende hoofstuk.”

Bynes se dwelmmisbruik het begin met dagga op die ouderdom van 16, maar haar probleme het verdiep toe sy Adderall, ʼn voorskrifmedikasie wat gebruik word om mense met aandagafleibaarheid te behandel, begin misbruik het.

Sy het in 2010 ophou toneel speel en die voogdyskap het ʼn aanvang geneem nadat Bynes na ʼn hospitaal geneem is vir ʼn geestesgesondheidsassesering. Sy het glo ʼn klein brand begin in die oprit van haar huis in Kalifornië.

Sy het ook wisselvallige gedrag getoon en die wet oortree deur onder meer onder die invloed van drank te bestuur, ʼn tref-en-trap-ongeluk te veroorsaak en haar bestuurslisensie is afgeneem. Sy is uiteindelik tot drie jaar probasie gevonnis.

Bynes het ook die nuus gehaal met haar uitlatings op Twitter, wat sy later gesê het haar “skaam en verneder” laat voel het.

“As ek die horlosie kon terugdraai sou ek. Ek is so jammer vir enigiemand wat seergekry het en vir wie ook al ek gejok het, want dit vreet aan my,” het sy in 2018 aan Paper Magazine gesê.

Sy woon tans in ʼn “gestruktureerde gemeenskap vir vroue” en het ʼn graad aan die Fashion Institute of Design and Merchandising verwerf. Sy is verloof aan Paul Michael.

Oscars-koors loop hoog

Benedict Cumberbatch is as beste akteur benoem vir sy rol in ‘The Power of the Dog’.

Die 94ste jaarlikse Oscars-prysaand word Sondag in Los Angeles aangebied. Jane Campion se The Power of the Dog, ʼn Western-fliek wat handel oor ʼn onderdrukte veeboer in Montana in die 1920’s, loop voor met 12 benoemings, onder meer vir beste rolprent, beste regisseur en beste akteur vir Benedict Cumberbatch.

Beste rolprent

Belfast

CODA

Don’t Look Up

Drive My Car

Dune

King Richard

Licorice Pizza

Nightmare Alley

The Power of the Dog

West Side Story

Beste regisseur

Kenneth Branagh, Belfast

Ryusuke Hamaguchi, Drive My Car

Paul Thomas Anderson, Licorice Pizza

Jane Campion, The Power of the Dog

Steven Spielberg, West Side Story

Beste akteur

Javier Bardem, Being the Ricardos

Benedict Cumberbatch, The Power of the Dog

Andrew Garfield, tick, tick…BOOM!

Will Smith, King Richard

Denzel Washington, The Tragedy of Macbeth

Beste aktrise

Jessica Chastain, The Eyes of Tammy Faye

Olivia Colman, The Lost Daughter

Penelope Cruz, Parallel Mothers

Nicole Kidman, Being the Ricardos

Kristen Stewart, Spencer

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Ciaran Hinds, Belfast

Troy Kotsur, CODA

Jesse Plemons, The Power of the Dog

JK Simmons, Being the Ricardos

Kodi Smit-McPhee, The Power of the Dog

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Jessie Buckley, The Lost Daughter

Ariana DeBose, West Side Story

Judi Dench, Belfast

Kirsten Dunst, The Power of the Dog

Aunjanue Ellis, King Richard

Beste internasionale rolprent

Drive My Car (Japan)

Flee (Denemarke)

The Hand of God (Italië)

Lunana: A Yak in the Classroom (Bhutan)

The Worst Person in the World (Noorweë)

Beste animasierolprent

Encanto

Flee

Luca

The Mitchells vs the Machines

Raya and the Last Dragon

Beste dokumentêr

Ascension

Attica

Flee

Summer of Soul

Writing with Fire

Beste oorspronklike draaiboek

Belfast – Kenneth Branagh

Don’t Look Up – Adam McKay en David Sirota

King Richard – Zach Baylin

Licorice Pizza – Paul Thomas Anderson

The Worst Person in the World – Eskil Vogt en Joachim Trier

Beste aangepaste draaiboek

CODA – Sian Heder

Drive My Car – Ryusuke Hamaguchi, Takamasa Oe

Dune – Jon Spaihts, Denis Villeneuve, Eric Roth

The Lost Daughter – Maggie Gyllenhaal

The Power of the Dog – Jane Campion

Rolprente met meer as ses benoemings

The Power of the Dog – 12

Dune – 10

Belfast – 7

West Side Story – 7

King Richard – 6

Bykomende bronne: AFP, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.