Soorte resepte:

Hykie Berg se donkersjokoladeverleiding

Hykie Berg se Donkersjokoladeverleiding. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bak hierdie donkersjokolade-lekkerny wanneer jou vriendinne volgende week by jou kom koek-en-tee.

Lewer 1 koek

Metode

Kors

  • 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
  • 60 ml (4 e) botter, gesmelt

Vulsel

  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gerasper
  • 200 g botter
  • 4 ekstra groot eiers
  • 250 ml (1 k) ligte bruinsuiker

Afronding (opsioneel)

  • 250 ml (1 k) room
  • 2,5 ml (1½ t) vanieljegeursel
  • 5 ml (1 t) versiersuiker
  • 100 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt

Metode

Stel oond op 180˚ C.

Kors

  1. Kap beskuitjies in voedselverwerker fyn. Voeg gesmelte botter by en meng.
  2. Druk koekiekrummels op die bodem van ʼn losboomkoekpan van 24 cm wat met kossproei gespuit is en plaas in yskas tot benodig.

Vulsel

  1. Plaas sjokolade en botter in glasmengbak .
  2. Mikrogolf teen 50% krag tot net gesmelt. Roer goed. Laat afkoel.
  3. Klits eiers en suiker saam in ʼn groot mengbak met ʼn elektriese klitser tot liggeel, ongeveer 10 minute.
  4. Giet gesmelte sjokolade by eiermengsel en meng goed.
  5. Giet mengsel in voorbereide losboomkoekpan.
  6. Plaas losboomkoekpan in oondpan om te keer dit die oond vuil mors as botter uitdrup.
  7. Bak vir 50 tot 60 minute.

Afronding

  1. Klits room, vanieljegeursel en versiersuiker styf. Sit room en gesmelte sjokolade saam met koek voor of versier met frambose en klapperskaafsels soos op die foto.

Bron: Sterkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.