Ivan Botha en Donnalee Roberts is al jare lank ʼn gedugte span op die silwerdoek, maar hulle het die afgelope naweek met groot afwagting die opwindendste rol van hul lewe aangepak – dié van man en vrou.
Die paartjie het op Vrydag 17 Mei op die prentjiemooi Blaauwklippen-wynlandgoed in Stellenbosch ewige trou aan mekaar beloof voor hul naaste familie en vriende. Sarie.com berig die feesvieringe het oor twee dae gestrek met ʼn langtafel-ete die Saterdagaand – hul eerste familie-ete as getroudes.
Volgens SARIE het Donnalee se pa, Llewellyn, al die pad uit die VSA gekom om die troue by te woon. Donnalee was in ʼn asemrowende skepping van ontwerper Vesselina Pentcheva geklee en hul troudag is deur die fotograaf Jenni Elizabeth vasgevang.
Om op die 17de hierdie nuwe hoofstuk te begin, was vir Ivan en Donnalee veral spesiaal, aangesien 17 nog altyd vir hulle ʼn gelukkige nommer was. Donnalee het onlangs in ʼn onderhoud met die tydskrif rooi rose vertel die syfer 17 sou opduik as hulle ʼn belangrike vergadering het of as iets hulle te beurt val. Daarom is die syfer ook in die naam van hul produksiemaatskappy, 17Films.
Nou is dit ook die datum van hul mooiste dag.
Ivan en Donnalee het in Mei 2017 in Nederland verloof geraak en het onlangs besluit om Kaapstad hul nuwe tuiste te maak. Die twee is nie net een van Suid-Afrika se gunstelingakteurspare nie, maar ook sakevennote, entrepreneurs en jarelange vriende. En nou ook meneer en mevrou Botha.
Ivan en Donnalee se troufoto’s verskyn eksklusief in SARIE se Julie 2019-uitgawe. Lees ook SARIE se aanlyn artikel oor hul troudag hier.
Stunning paartjie Baie geluk!
Uiteindelik…. Baie geluk Mnr en Mev Botha.
Die 17 is maar soos the number23. Baie geluk, uiteindelik!!
Baie geluk julle 2. Mag die Here julle huiwelk seën met alles wat mooi is.
Baie Geluk Ivan en Donnalee! Bou jul huwelik op God, respek en vertroue – dan sal dit werk.
Dis sooo fantasties! Baie geluk! Julle is n pragtige paartjie!
Pragtige paartjie – Baie geluk en alles wat mooi, goed en lekker is vorentoe!
Baie, baie geluk !
Julle is ‘n pragtige paartjie
Jare terug al gese die twee is verlief op mekaar, hulle het dit net nie self besef daardie tyd.