Jacques Kallis, die veelsydige voormalige Protea-krieketspeler, is die naweek met Charlene Engels getroud.
Die paartjie wat in April verlede jaar hul verlowing aangekondig het, is in die Overberge op die Bona Dea-private landgoed in die Hemel-en-Aarde-vallei naby Hermanus getroud, ten spyte van die brande wat daar gewoed het.
Die bekende leefstyl- en troufotograaf Hanri Human het gesorg vir die pasgetroudes se troufoto’s. Anel Botha van Anel Botha Couture het Engels se trourok gemaak.
Engels het ʼn inskrywing op Instagram gedeel met ʼn pragtige foto van haar en haar man. “En dis amptelik … meneer en mevrou Kallis,” het sy geskryf.
“Ons is verby opgewonde om ons nuwe hoofstuk te begin in die boek van hierdie vurige verhouding. Dit het begin by ʼn brand … nou moet ons net die die vuur in ons huwelik ook aan die gang hou,” het sy gesê.
“Ons is oorweldig deur al die oproepe en boodskappe wat ons ontvang het, baie dankie! Woorde kan nie genoeg ons dank uitspreek nie. Ons probeer nog deur almal gaan en sal so gou as moontlik op elkeen reageer,” het sy gesê.
Kallis het op sy beurt ook ʼn foto op Instagram gedeel waar die paartjie in vrolike luim op ʼn vliegtuig sit. “Wittebrood, hier kom ons!” het hy geskryf.
Kallis (42) en Engels is reeds vir die afgelope drie en ʼn half jaar in ʼn verhouding.
En daar word Kallis vir ‘n ses geslaan. Nee wag, hy is skoongeboul!!
Hartlik geluk aan die Kallis egpaar. Julle is sowaar mooi mense!
Die innerlike tel baie meer…. As Jaques haar lief het is dit al wat tel
Ek weet wat n troufotograaf doen, maar wat doen n leefstyl fotograaf? Neem hy foto’s van verskillende leefstyle?
Baie geluk aan Jacques en sy pragtige vroutjie. Ek wens hulle alles wat mooi is toe.
Moes hulle wag totdat die brande eers geblus word!!?