Jennifer Aniston skei weer

Jennifer Aniston en Justin Theroux

Die Amerikaanse aktrise Jennifer Aniston en haar akteursman, Justin Theroux, het aangekondig dat hulle gaan skei – sowat twee jaar nadat hulle getroud is.

Aniston (49) en Theroux (46) het mekaar volgens berigte op die stel van die komediefilm Wanderlust ontmoet en het in 2015 tydens ʼn privaat seremonie by hul spoghuis in Bel Air getrou. Hulle was vir vier jaar bymekaar voordat hulle getrou het.

Hulle is, volgens Sky News, al einde verlede jaar uit mekaar, maar het eers onlangs ʼn amptelike aankondiging gemaak.

Die paartjie het Donderdag in ʼn gesamentlike verklaring gesê dat hulle ná die egskeiding goeie vriende gaan bly.

“Ons is twee beste vriende wat besluit het om ons paaie as ʼn paartjie te skei, maar ons sien uit daarna om in die toekoms aan te hou om ons vriendskap te koester,” lui die verklaring.

Die paartjie het nie ʼn rede vir hul egskeiding gegee nie, maar het gesê die besluit is “liefdevol en wedersyds gemaak”.

“Normaalweg sal ons dit privaat hanteer, maar siende dat die skinder-industrie nie ʼn geleentheid kan weerstaan om te spekuleer nie, wil ons die waarheid direk oordra,” het hulle gesê.

“Die belangrikste van alles is dat ons vasberade is om die diep respek en liefde wat ons vir mekaar het te behou.”

Die skeiding kom ná berigte dat Aniston en Theroux probleme het omdat Aniston die meeste van haar tyd in Los Angeles deurbring, terwyl Theroux in New York is.

Aniston was voorheen in ʼn verhouding met Brad Pitt. Hulle was vir vyf jaar getroud voordat hulle in 2005 geskei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

ai kyk ek moun waar ek bly, maar eintlik vrek dankbaar ek het nie n huwelik in Hollywood nie…..

Johann ·

Dit het niks te maak met waar ‘n mens bly nie. Egskeidingsyfer in SA net so hoog. Ons weet net meer van akteurs se sake omdat hulle bekend is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.