Jackson Odell, die jong akteur en musikant wat bekend is vir sy rolle in Amerikaanse televisiereekse soos The Goldbergs en Modern Family, is Vrydag in Kalifornië in die VSA in die ouderdom van 20 dood.
Volgens BBC is Odell dood aangetref in sy kamer by ʼn sentrum vir persone wat behandeling vir dwelm- en alkoholomisbruik ontvang en hier bly voor hulle weer in die samelewing inskakel.
Die oorsaak van Odell se dood word nog ondersoek.
Odell het die rol van Ari Caldwell in ABC se komediereeks The Goldbergs vertolk en het ook rolle in Modern Family en Arrested Development gehad.
Hy was ook ʼn liedjieskrywer en het bygedra tot die klankbaan vir die romantiese drama Forever My Girl, wat vroeër vanjaar bekendgestel is.
In ʼn verklaring wat op sy Twitter-rekening uitgereik is, het sy familie hom as ʼn “blink lig en ʼn briljante, geliefde en talentvolle siel” beskryf.
Hoeveel jong lewens gaan Hollywood nog vernietig? Ja, ja, hy het sy sy eie dood veroorsaak, maar enige iemand met insig sal weet wat ek bedoel. Kinders hoort in skool, nie voor rolprent/TV kamera’s nie.
Dis nie Hollywood se skuld nie, nie eens n bietjie nie.
So Valerie, moet kinders nie van vroeg af hul drome na jaag nie? Dan moet kinders ook nie op skool sport he nie, maar eers begin met sport na skool?
Huh? hy is 20, glad nie meer n kind nie
Hoe is sy selfmoord Hollywood se skuld?? en hy’s nie meer n kind nie, hy’t sy eie keuse gemaak.