Jong sangeres na hospitaal gehaas

Demi Lovato (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)

Die Amerikaanse sangeres Demi Lovato (25), bekend vir trefferliedjies soos “Sorry Not Sorry” en “Heart Attack”, is Dinsdag na ʼn Los Angeles-hospitaal gehaas nadat sy glo ʼn oordosis dwelms geneem het.

Margaret Stewart, woordvoerder van die nooddienste in Los Angeles, het gesê paramedici het omstreeks 11:22 ʼn oproep gekry oor ʼn vrou wat mediese hulp nodig het.

CNN berig dat bronne na aan Lovato gesê het sy is wakker en stabiel en dat haar familie aan haar sy is.

Lovato, wat haar al in die verlede oor haar alkohol- en dwelmverslawing, bulimia, en gemoedsversteurings uitgespreek het, het op 15 Maart op Instagram aangekondig dat sy al vir ses jaar skoon is.

Sy het wel in “Sober”, ʼn nuwe liedjie wat verlede maand uitgereik is, aangedui dat sy ʼn terugslag gehad het.

“Momma, I’m so sorry I’m not sober anymore. And Daddy please forgive me for the drinks spilled on the floor. I’m sorry for the fans I lost who watched me fall again. I want to be a role model but I’m only human. I’m sorry that I’m here again. I promise I’ll get help,” sing Lovato in dié liedjie.

Talle Hollywood-bekendes soos Ariana Grande, Meghan Trainor, Kesha, Ellen DeGeneres en Missy Elliott het ondersteuningsboodskappe vir Demi op Twitter geskryf onder die hutsmerk #PrayForDemi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Blommie ·

Dis nou maar net een ding wat ek net nooit sal kan verstaan in die lewe nie…….
Jy het alles wat jy wil he in die lewe, n wonderlike Talent wat God jou mee geseen het.
Dit alles is net nie goed genoeg nie. want jy moet dwelms gebruik , hoekom??????

Johann van Cullinan ·

Die antwoord is eenvoudig. Baie bekendes soek na iets. Daar is ‘n leemte en hulle weet nie how om dit te vul nie. Al die besittings in die wêreld, kan dit nie bevredig nie, maar die dag wanneer ‘n mens jou hart en siel aan Jesus gee, word daardie leemte met, liefde, vriendelikheid, nederigheid, dankbaarheid, vergewensgesindheid en bande wat jou bind verbreek. So eenvoudig. Probeer dit.

Sê maar net ·

Sonder Jesus in jou lewe is NIKS ooit genoeg nie. ‘n Gejaag na wind.

Ouma Lien ·

Gelukkig het sy ouers wat haar bystaan. Ek kry sulke jongmense soos sy altyd jammer wat ‘n stryd het teen die dwelm en drankduiwels.

SNEL ·

Afrikaanse Kaap, jy is kosbaar en al is ons ongeliefd onder mense. Jesus het jou so lief, dat Hy gesterf het, sodat jy in n verhouding met Hom kan staan. Hy is ons Vriend, Hy is ons Vader, die Here is alles wat ons nodig het. Jy is kosbaar, jou lewe is kosbaar en moet jou nie meet aan die wêreld nie. n Seun se pa gee hom n klippie om te verkoop en sê hy moet as iemand vra wat dit kos net 2 vingers oplig. n Vrou by die mark wil hom in haar tuin sit, sy sien die 2 vingers en wil hom $2 gee, hy vat die klippie na n museum toe, hul sien die 2 vingers en wil hom $200 gee, hy vat dit toe na n uitstaande steen en klip winkel toe, hulle sien die klippie en vra wat hy soek, hy wys 2 vingers en hulle se goed, ons sal jou $200000 gee. Almal sien nooit ons waarde nie, maar ons is kosbaar vir die Here. Besef jy ons is uit stof gemaak en die suiwerste goud, wel in n bitter klein hoeveelheid, is teenwoordig in ons liggaam. Gaan kyk hoe lyk Laminin, protein wat die liggaam bymekaar hou se vorm in jou liggaam, n kruis. Jy is kosbaar en die Here het jou so spesiaal gemaak en is baie lief vir jou. What a friend we have in Jesus, vergeet van wat mense dink, fokus op God,!

VanAfrika ·

Want Blommie as jy n wanbalans in jou brein het is daar niks wat jy kan doen nie, net hulp en terapie en regte medikasie kan help, en gewoonlik as mense bipolar is, is hulle geneig tot verslawing

EP ·

Onthou net dat dwelmverslawing kan lei tot chemiese wanbalans in die brein. So omgekeerde is ook waar.

AmY ·

Waarom sukkel hierdie mensies altyd met verslawing en dwelms, en eetversteurings?
Hulle het dan alles wat geld kan koop.
Of het hulle?
Wonder maar net.

Ja ·

Geld is nie alles nie!
“Jy can’t eat without gold, but you also can not eat gold!”

**anoniem** ·

As sy so aangaan gaan sy binnekort ook deel word van “club 27”! Ken self mense wat verslaaf is aan dwelms, drank en pille, dit is ‘n pad wat ek vir niemand toewens nie! Genesing kan slegs begin as die verslaafde erken hy/sy het ‘n probleem en wil gehelp word, selfs dan is dit nie genoeg nie. Soos @VanAfrika sê, mense met bipolêre versteurings en depressie is geneig om verslaafdes te wees, ek sê nie almal is nie, maar die geneigdheid is verseker daar.

blom ·

Glo hulle is opsoek na iets, maar glo ook dis iets wat almal van ons in hierdie wereld soek – Liefde en aanvaarding. Ons kan net saam staan en vir mekaar bid.

ES ·

Ek dink sy kort die regte mense en ondersteuning in haar lewe. Daar is baie jong mense wat na haar en mense soos sy opkyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.