Julia Roberts weer die mooiste vrou

Julia Roberts (Foto: People)

Net mooi 26 jaar nadat die Amerikaanse aktrise Julia Roberts die eerste keer as die tydskrif People se mooiste vrou in die wêreld aangewys is, pryk sy vanjaar vir die vyfde keer op die voorblad van dié tydskrif.

Die 49-jarige aktrise het in ʼn onderhoud gesê sy voel baie “gevlei” dat sy in 2017 weer as die mooiste vrou aangewys is en geterg dat sy beslis dié prestasie vanjaar in haar Kerskaartjie aan die Clooney-gesin, George en Amal, gaan noem.

George Clooney is al twee keer voorheen as die sexyste man ter wêreld aangewys.

“Dis ʼn wonderlike voorreg om vir so iets benoem te word – selfs al dink jy dit nie van jouself nie. Skoonheid is in elk geval so subjektief, en dis belangrik dat jy met jouself gelukkig en tevrede is. Ek dink wanneer jy lief is vir jouself, sien mense jou anders; dalk is dit die geheim van en sleutel tot skoonheid,” het sy aan People vertel.

Julia is reeds vir 14 jaar met die akteur Daniel Moder getroud. Die egpaar het drie kinders, die tweeling, Hazel en Phinnaeus (12), en Henry (9).

Die aktrise het in 1990 oornag beroemd geword weens die groot sukses van die romantiese komedie Pretty Woman waarin sy teenoor Richard Gere speel.

Sy was ook te sien in Eat Pray Love, Runaway bride, The normal heart en Erin Bockovich.

Sy het al nagenoeg 22 rolprenttoekennings in haar loopbaan ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

foxi ·

Rêrig…………?????Ek het al vrouens gesien wat my asem weggeslaan het. Sy het miskien skoonheid….maar sekerlik NIE die wêreld se mooiste vrou nie…….

Theresa ·

Beauty is in the eye of the beholder.
Julia het ‘n skoonheid wat min popmooi gesiggies het. Sal seker nou nie ‘n Mej. Wêreld/Heelal kompetisie wen nie – maar sy is verseker pragtig.

AN ·

Aantreklik ja, maar verseker nie mooiste nie! Rolene Strauss, Charlize Theron, Miranda Kerr om maar net ‘n paar vroue te noem is baaaiiiee mooier as Julia.

GESIGGIE ·

Jy is pragtig Julia en dit op amper 50 jr.
Gin die vrou tog die pluimpie sjoe, mense is so inhalig deesdae gin niemand die son

Sonja Coetzee ·

SY’S PRAGTIG!!!!!!!!!SY’T SO AANSTEEKLIKE LAGGIE AS SY LAG VOEL DIT OF JY SAAM MET HAAR KAN LAG!!!!!!!!!!EK DINK SY’S BESONDERS MOOI!!!!!!!!!!!!!!!

Adri ·

Sys osim. Welgedaan. Goeie keuse. Vroulik. Misterieus mooi. My keuse al vir jaaaaaare!

Janie ·

Google “Julia Roberts ugly” en kyk hoe lyk sy sonder grimering. Doen dit sommer met al die sterre wat julle so bewonder en aanbid. Jy gaan skrik!

Dikkes ·

GOEIE KEUSE, SY IS BEELDSKOON, MOOI, MET OF SONDER GRIMERING SY IS MOOI!

beauty ·

….ag ek sal darem dit nou geniet om te sien hoe elkeen van julle lyk

Gustav ·

Fopnuus! Sy is g’n die mooiste vrou in die wêreld nie.
Enige iemand wat haar ontmoet het, weet my vrou, Erma, is verreweg die mooiste vrou wat daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.