Tienerharte wêreldwyd is gebreek toe die Kanadese popster Justin Bieber Saterdag sy Amerikaanse meisie, die model Hailey Baldwin, gevra het om te trou.
Bieber (24) en Baldwin (21), dogter van akteur Stephen Baldwin en broerskind van akteur Alec Baldwin, was saam met vakansie toe hy die ring aan haar vinger gesteek het.
Die nuuswebwerwe CNN en E! News het gerugte oor die paartjie se verlowing bevestig. Bieber se ouers het ook die verlowing op sosiale media bevestig.
“Onbeskryflik trots! Opgewonde oor die volgende hoofstuk,” het Jeremy Bieber, die “Baby”-sanger se pa, by ʼn foto van sy seun op Instagram geskryf. Pattie Mallette, Bieber se ma, het ook haar opgewondenheid met ʼn inskrywing op Twitter bevestig.
Die vermaakwebwerf TMZ berig twee ooggetuies wat teenwoordig was tydens die verlowing by ʼn oord in die Bahamas het gesê restaurantgangers was aan’t salsadans toe Bieber se sekuriteitspan almal versoek het om hul fone weg te bêre aangesien iets spesiaals binnekort sou gebeur. Bieber het glo op een knie afgesak en die groot vraag voor almal gevra.
Bieber en Baldwin is onlangs herenig nadat hulle in 2016 ook ʼn paartjie was, maar uitmekaar is toe Bieber met die popsangeres, Selena Gomez, uitgegaan het.
geluk met jul verlowing so bly daarvoor mag dit nog lank lewe saam.
Haai oeeee…Blommie !
In 1994 is Kurt Cobain dood en Bieber gebore, voorwaar n tragiese jaar vir musiek
HAHAHAHAHA…..!!!
Skerp………..maar so waar! Hie hie
Die enigste goeie ding wat uit Nirvana gekom het is Dave Grohl.