Juwelier weier replikas van Markle-ring

Meghan Markle se ring

Die juwelier wat die ring gemaak het waarmee prins Harry vir Meghan Markle die jawoord gevra het, het gesê hy is sedert die verlowing oorval met versoeke vir replikas.

Harry en Markle het verlede maand hul verlowing aangekondig en het daarna tydens ʼn openhartige onderhoud oor Markle se ring gepraat.

Die ring is saamgestel uit ʼn steen uit Botswana in die middel, en twee diamante uit prinses Diana se juweleversameling aan albei kante.

Prins Harry en Meghan Markle (Foto: Xinhua)

Stephen Connelly, direkteur van Cleave and Company, die maatskappy wat die ring gemaak het, het aan Associated Press gesê hulle sal nie dieselfde ring vir iemand anders maak nie. “Ons gaan nie enige replikas van die ring maak nie. As jy ʼn ring wil hê, gaan ons vir jou ʼn ander ring moet ontwerp,” het hy gesê.

Die juwelier wat Markle se ring gemaak het, David Thomas, sê die maak van die ring was die “grootste en moeilikste geheim” wat hy in sy lewe nog moes hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Hoekom dieselfde wil he ontwerp jou eie ring en wat maak nou haar ring so WOW asseblief dit is net n ring?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.