Karlien se Elah gaan huis toe

Joe Breytenbach en Karlien van Jaarsveld (Foto: Instagram)

Nadat Karlien van Jaarsveld en haar man, die oudrugbyspeler Joe Breytenbach, se dogtertjie op 7 Oktober vroeggebore is, kon dié egpaar klein Elah ná 19 dae in die hospitaal uiteindelik huis toe neem.

Karlien het dié nuus Donderdag op sosiale media gedeel. “Ná 19 dae op pad huis toe. Dankie, Jesus,” het sy geskryf.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en agent, het vroeër in ʼn onderhoud op GROOTfm gesê die sangeres se tweelingseuntjies uit haar huwelik met Derick Hougaard, Daniël en Eliah, het Elah op 22 Oktober vir die eerste keer ontmoet. Volgens Brink is albei seuntjies aanvanklik nié in die waakeenheid toegelaat waar Elah moes aansterk nie.

“Haar boeties het haar gister [22 Oktober] vir die eerste keer ontmoet – dit was baie spesiaal,” het sy tydens die onderhoud gesê.

Karlien en Joe koer behoorlik sedert Elah se geboorte op sosiale media oor hul jongste kleinding. “Sy is baie klein, maar baie gesond. Ons harte is dankbaar teenoor God vir sy groot genade,” het sy vroeër op Facebook laat hoor. “[Ons is] verlief in die oortreffende trap van die woord.”

Die sangeres het vandeesweek aan GROOTFm en Hanna Charity, die aktrise Hanna Grobler se liefdadigheidsorganisasie, se sogenaamde “studiothon”-veldtog deelgeneem om geld vir dié organisasie in te samel. Die projek het ten doel om in November vanjaar aan 8 000 minderbevoorregtes kos en klere te skenk.

Ander bekendes soos Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Bobby van Jaarsveld neem ook aan die veldtog deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sann ·

Sy is op 7 Oktober gebore… Anders sou sy vandag 17 dae oud gewees het…?

Cyril Blackburn ·

Dagsê Sann
Dankie vir jou valkoog! Jy is inderdaad reg. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.