Karlien van Jaarsveld deel groot nuus

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld is swanger.

Sy het dié nuus Dinsdag op sosiale media bekend gemaak.

Dit is Karlien se eerste kind in haar huwelik met die voormalige rugbyspeler, Joe Breytenbach, met wie sy vroeër in Maart stilletjies die knoop deurgehak het. “Ons is op die Amalfi-kus in Italië, dis asemrowend mooi hier – spesiale tye hier,” het sy op Instagram laat hoor.

“Ek en Joe het gisteraand baie gehad om te vier – ons het ʼn babatjie wat op pad is. Ek kan nie glo dat ek wéér so bevoorreg en gelukkig kan wees nie. Dis nog early days, maar my hart loop oor van dankbaarheid.”

Sy het haar voorheen tot sosiale media gewend om oor Joe te praat. “Almal vra, wie is Joe? So, Joe is net ʼn gewone ou, met ʼn gewone werk wat lief is vir gholf op ʼn random afdag en ʼn bier om te ontspan. Hy like sigare rook (hy rook so bietjie te veel van dit), sy gunsteling-Afrikaanse kunstenaar is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos vir ons in die huis.

“Ek het Joe in Potch ontmoet 11 jaar terug. Ons het gesoen, ‘but then he went to France’ en Joe was nooit weer te sien of te hore van… And thenthere he was’, popped out of the blue sonder ʼn wit perd, in ʼn swart hemp en ʼn swart stywe jean met een baie groot smile, en ʼn baie sweet ‘hello’ net so sweet soos 11 jaar terug. En soos hulle sê ‘you had me at hello’. The rest is history. Regte tyd. Regte plek.” [sic]

Die sangeres het twee kinders uit haar huwelik met Derick Hougaard, die tweeling Daniël en Eliah. Karlien en Derick is in 2015 geskei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

51 Kommentare

jongste oudste gewildste
who cares

Regtig, kon jy nie maar eerder net eers gewag het om die storie koerante toe te vat nie…..styl en klas onbreek duidelik

E.K. - ek sê net!

Geluk dan julel twee. Let wel, voor al die rusbank kritici begin eiertjies lê omdat sy dit op sosiale media bekend gemaak het – sy het dit op haar fb gesit en niemand gevra om dit in enige ander media te publiseer nie. Dus is dit koerante se keuse as hul dit wil uitbasuin. Sy laat weet dus mense wat sy op fb het so dis haar keuse. Die wat die nuus so gretiglik lees op haar fb en dit versprei – dit was hulle keuse sy het nie gevra daarvoor nie. Vir my traak dit glad nie, ek is… Lees meer »

URSULA

baie geluk en alles wat lief en mooi is v/d toekoms

SARIE VAN HEERDEN

Sal ons nou vir die volgende hoeveel maande moet hoor en lees van die Van Jaarsveld swangerskap. Dan die bevalling, dan die kind, dan ………………………… spaar my dit, ek gaan vinnig by daardie berigte verby want ek luister nie eens na haar liedjies nie.

Dereck Le Roux

Dit gaan sekerlik in die Huisgenoot wees en haar ondervinding met die bevalling en die see van pyn wat sy moes verduur.