Kate Middleton se kleinsus verwelkom derde spruit

Pippa Middleton. (Foto: Chris Jackson/AFP)

Pippa Middleton en haar man, James Matthews, is nou amptelik ’n gesin van vyf.

Die jonger suster van Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, het luidens mediaberigte reeds ‘n paar weke gelede haar derde spruit– ’n babadogtertjie –verwelkom.

Die uiters private paartjie het nog nie self dié nuus bevestig nie en het ook nie nuus oor die swangerskap openbaar gemaak nie. Middleton is egter by koningin Elizabeth II se platinum‑jubileum-vieringe in ʼn groen rok afgeneem wat haar bababoepie beklemtoon het.

Middleton (38) en Matthews (46) is op 20 Mei 2017 tydens ʼn intieme seremonie  naby haar ouerhuis getroud en het hul eersteling – ’n seun genaamd Arthur – in Oktober 2018 en ’n babadogtertjie genaamd Grace in 2021 verwelkom.

Pippa Middleton en James Matthews op hul troudag. (Foto: AP Photo/Pool)

Kate se kleinsus het ook geboorte aan haar kinders in die Lindo-vleuel van St. Mary’s-hospitaal – dieselfde plek waar Kate en prins William al drie hul kinders verwelkom het – geskenk.

Haar man is ʼn voormalige beroepsrenjaer en welgestelde fondsbestuurder.

People berig dat die paartjie binnekort na ’n dorpie naby Bucklebury in Berkshire – waar die Middletons grootgeword het – gaan verhuis. Kate en haar man, prins William, gaan ook later vanjaar na Windsor verhuis en minder as ʼn uur van haar ouers en kleinsus woon.

Bronne: Harper’s Bazaar, People.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.