Klein seremonie vir koningin se verjaarsdag

Koningin Elizabeth II (13 Junie 2020) (Foto: Toby Melville/Pool via AP)

Koningin Elizabeth II se verjaarsdag is Saterdag met ʼn kleiner seremonie as gewoonlik gevier, nadat die jaarlikse Trooping the Colour-parade gekanselleer is te midde van die koronavirus-pandemie.

Die uitspattige vertoning is ʼn hoogtepunt op die koninklike kalender en lok duisende toeriste na Londen se strate. Die parade is slegs een keer vantevore tydens die koningin se 70 jaar lange bewind gekanselleer – in 1955 tydens ʼn nasionale spoorwegstaking.

ʼn Klein groepie soldate en militêre musikante het vanjaar ʼn huldeblyk gelewer aan die koningin by Windsor-kasteel. Sy het ʼn koninklike saluut ontvang voor ʼn vertoning deur soldate – wat steeds sosiale distansiëring toegepas het.

Dit is haar eerste amptelike verskyning sedert afsonderingsmaatreëls in Maart ingestel is. Sy het haar 94ste verjaarsdag op 21 April gevier, maar haar “amptelike” verjaarsdag word altyd gevier deur die Trooping the Colour-parade in Junie. Die “kleure” verwys na die vlae wat die verskillende regimente van die Britse Weermag verteenwoordig.

Honderde soldate en perde, ʼn koets-stoet deur die koninklike familie en ʼn verbyvlug van die Koninklike Lugmag oor Buckingham-paleis vorm gewoonlik deel van die parade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
marius

Siestog , sy kan ook nie eers vir winston “and then I swam the mighty Apies river ” sien nie .