Komediant steeds kritiek ná infeksietelling verhoog

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is steeds in die hoësorgeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal.

Zinta Kymdell, De Beer se agent, het Maandag aan Maroela Media gesê hy word steeds in hoësorg gehou omdat die infeksie in sy galblaas versprei het.

Dokters wou vroeër sy galblaas verwyder, maar het gesê die risiko is te groot. Intussen het die infeksie weer versprei, en moes die operasie weer uitgestel word.

“Dokters wou vandag opereer om die galblaas te verwyder, maar ons het sopas verneem dat die infeksietelling te hoog is en die operasie is dus te gevaarlik. Rikus hou ook te veel water terug. Hy is tans op antibiotika en waterpille, en steeds op morfien vir pyn,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig De Beer is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem ná afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp.

Hy het teen daardie tyd reeds behandeling ontvang vir komplikasies aan sy buik, maar het gevoel die optrede in Krugersdorp kan nie gekanselleer word nie as gevolg van die kort kennisgewing. Hy het toe daarin geslaag om die optrede met ʼn binneaarse drup te doen. Hy het daarna op 29 Mei ʼn operasie aan sy buik ondergaan en ʼn tweede operasie was vir die volgende dag geskeduleer, maar die dokter het dié operasie uitgestel weens sy toestand wat verswak het.

Die komediant is kort daarna na die hoësorgeenheid oorgeplaas.

Intussen het sy vriende en familie hul aanhangers bedank vir hul ondersteuning en gebede.

“Ons wil net aan almal wat aan hom gedink het, vir hom gebid het en lig en liefde gestuur het, uit die diepte van ons hart bedank. Baie dankie vir julle onbaatsugtige ondersteuning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

"Hang in there" ·

Hi outjie, byt vas, of soos die Engelse sê “Just hang in there”, ons almal vid vir jou. Buiten dat jy ‘n glimlag in menige huis plaas elke keer wat ‘n advertensie of video van jou verskyn en by jou konserte, het jy deernis vir mense en die feit dat jy respek het vir jou gehoor om sowaar te gaan optree, wetende dat jy siek is, is ongelooflik.

Annette Sartori ·

My kind is ook laas week amper dood omdat sy infesksietelling net bly verhoog het. Hulle het toe “Acquired HLH Syndrome” by hom gediagnoseer en begin behandel. Hy was verlede Sondag amper dood, en ‘n week later en hy is tuis. Ek hoop dit gaan vinning beter met Rikus en dat hy binnekort weer op die been is en volstoom aan die gang is.

Balans ·

Ek voel jammer vir Rikus. Maar wat met hom gebeur het het my weer laat dink aan iets.
Ek gooi ‘n klip in die bos:
oordrewe pligsgevoel vs eie gesondheid/ “work-life balance”.
Van wanneer af is dit reg om eerder by die dood om te draai as om ander mense te verontrief? Is dit nie verkeerd om jouself so te verniel nie?!
Mense wat by die werk nooit kan nee sê nie wen pryse. Maar die werk sien nie wat jou opoffering jou kos nie. Jou sertifikaat vir werker van die jaar gaan jou nie red nie.
Dis verkeerd. Werke moet eerder gesonde lewensbalans prys as ongesonde pligsbesef aanhits-
‘n Man wat ná 60 op kontrakbasis aangebly het, het elke dag gekies om minstens 2 ure oortyd te werk weens onredelike druk. Skaars twee weke na sy kontrak nie hernu is nie, het hy skielik kanker. Nou spandeer hy sy oudag aan kankerbehandeling!
Was daardie oortyd regtig sy pensioen werd?
As jy die dag die emmer skop gaan niemand ‘n standbeeld voor jou kantoor oprig nie.
Onthou: as jy ja sê vir een ding, sê jy altyd nee vir iets anders. Ja vir langer ure op kantoor = nee vir meer tyd met jou gesin of ‘n stokperdjie of iets wat balans in jou lewe bring.
Ek besef dis makliker gesê as gedaan. Vandat hierdie ou kanker gekry het, en ek self ook skuldig is aan ‘n ongesonde balans, dink ek 2x voor ek weer ja sê vir die kantoor.

cs ·

Balans,jou klip in die bos is 100% waar – dis presies hoe ek ook dink

Bedryfsielkunde ·

Mens is inelkgeval nie meer produktief as mens meer as sowat 9 ure n dag werk nie. Oortyd elke dag is nie eers baie werk in produksie nie. Ek glo mens is op produktiefste deur om die agt ure wat jy moet werk net ordentlik te benut en nie aan klets of eposse nie. Dan is oortyd nie nodig nie.

Volgeling ·

Bekeer jou boet, nou is jy klaar met jou grappe en jy gaan van nou af siele wen vir Jesus. Jy sal ‘n puik pastoor maak, ons bid vir jou, want in Sy naam is als moontlik. Wens ek kon hande op jou lê.

dalkmisekjoupunt ·

Regtig ? Eerstens neem u aan hy is nie bekeer nie en dan klink dit sommer of jy glo dat grappe vertel ‘n sonde is ? Regtig weer ‘n slag …!!

martien ·

Baie baie voorspoed vir jou…….. ons mense het jou nodig om ons te laat lag in hierdie benarde politieke tydperk. Werklik net my beste gesondword wense vir jou……

Pierre de Villiers ·

As jy dit kan verhoed, moenie laat sny nie. Ons mense sterf in die honderde a.g.v. infeksies. My naelbreek lyk al soos `n babatjie – ek is `n man – wat in my maag skop, maar hy moet maar net so bly.

JR ·

Na omtrent 29 jaar is ek medies ongeskik verklaar. Gewerk tot ek omkap. Ma dis mos net uitbrand man. Neem paar dae verlof en jy is weer vars en fris.
Weens kind se skielike dood verlede jaar kon ek net nie meer nie. Tot siens aan korporatiewe monster.
Werk nou vir Here. Geen stress niks. God is great werkgewer. Als net plesier. Elke dag so rewarding.

m ·

Dit bekommer mens hoeveel mense infeksies in die hospitale optel. Beteken dit dat die hospitale lankal nie meer n steriele plek is of gebeur hierdie goed maar net….

Theresa ·

Beslis so. EN kry ‘n tweede spesialis opinie. Sterkte! Hoop jy kry gou die hulp wat jy nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.