Krieketheld word weer pa

AB de Villiers en sy vrou, Danielle, en seun, AB jr. (Foto: Instagram)

AB de Villiers en sy vrou, Danielle, en seun, AB jr. (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse krieketster AB de Villiers gaan weer pa word.

Alftaaf Kozi, Krieket Suid-Afrika se woordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê De Villiers het die nuus die afgelope week tydens die Pink Day-mediafunksie bekendgemaak.

De Villiers en sy vrou, Danielle, is in 2013 getroud en hul eersteling, AB (Abraham Benjamin) jr., is net ouer as ʼn jaar.

Die voormalige eendagkrieketkaptein het in Desember 2016 as die eendagkaptein van die Suid-Afrikaanse toettspan bedank en in ʼn verklaring gesê dié skuif was glo in belang van die span. Faf du Plessis het die leisels oorgeneem.

Die derde en laaste T20-krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka word Woensdag (18:00) op Nuweland in Kaapstad gespeel en die groot nuus is dat AB de Villiers uiteindelik weer vir die Proteas in aksie sal wees.

Daar was ongekende belangstelling by die kaartjieskantore in Kaapstad nadat dit bekend geword het dat De Villiers ná sy lang afwesigheid weens ʼn elmboogbesering in die groep ingesluit is en heel waarskynlik in die span op Nuweland sal wees.

Hy het reeds die naweek vir Noordelikes teen Oostelikes in sy eerste wedstryd gespeel en het 134 lopies in 103 balle, insluitende 19 viere en drie sesse, geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.