Kylie Jenner amptelik jongste selfgemaakte miljardêr ooit

Kylie Jenner (Foto: Instagram)

Die Amerikaanse saketydskrif Forbes het pas aangekondig dat die realiteitprogramster en eienaar van die grimeringmaatskappy Kylie Cosmetics, Kylie Jenner, op die ouderdom van 21 amptelik die jongste selfgemaakte miljardêr ooit is.

Kylie Cosmetics is veral bekend vir die lipstelle wat lipstiffie, lipomlyner en lipglans in verskeie kleure insluit. Jenner se besigheid het ook uitgebrei na oogskadu’s, poeiers, blossers en verligters (highlighter).

In November verlede jaar het Forbes geskat dat Jenner se besigheid ten minste $900 miljoen werd is, maar vandeesweek het hulle aangekondig dat Jenner se netto waarde nou as $1 miljard geraam word.

Die meesterbrein agter Facebook, Mark Zuckerburg, wat voorheen dié titel gehou het, was 23 jaar oud toe hy dié mylpaal behaal het.

“Ek het niks verwag nie, ek het nie die toekoms gesien nie. Maar die erkenning voel goed, dit is ʼn lekker kloppie op die skouer,” het Jenner aan Forbes gesê.

Kylie Jenner (Foto: Instagram)

Jenner het Kylie Cosmetics in 2015 begin en wat dié besigheid anders maak, is dat dit slegs sewe voltydse werknemers en vyf deeltydse werknemers het, het Forbes berig. Bemarking word hoofsaaklik deur sosiale media gedoen en hoewel Jenner al opwipwinkels vir Kylie Cosmetics gehad het, is daar nie ʼn bestaande winkel vir die handelsmerk nie en word verkope eerder aanlyn gedoen.

Jenner bemark haar produkte direk aan haar 175 miljoen sosiale media‑volgelinge. Haar uitgawes is dus minimaal en haar inkomste groot.

“Dit is die mag van sosiale media. Ek het reeds so [groot] gevolg gehad voordat ek enigiets begin het,” het sy gesê.

Jenner was in Desember verlede jaar deur Forbes aangewys as die 5de rykste Amerikaanse bekende, en dit op die ouderdom van 21.

“Ek kan my besigheid sien vêr gaan. Ek werk baie hard,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lh ·

Net jammer as dit nie vir haar famillie se van en TV program was nie, sou niemand eers geweet het van haar nie, en sou dit jare gevat het. So ek dink nie dit is so n groot prestasie nie.

Leon ·

Jy is 100% reg. Normale mense het dood eenvoudig nie daardie tipe blootstelling nie.

Linda ·

Hoekom is rugby of sokker nuus? Net omdat dit nie jou belangstelling is nie, beteken nie dis nie nuus nie.

JPD ·

Vir my snaaks hoe jul almal galbraak, dink jy sy het n saak met julle ROFL!! Ook maar LEKKER JALOERS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.