Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is verlede week geruk toe een van sy gewildste fotograwe, Henry Engelbrecht (53), op 11 Mei weens Covid-19 gesterf het.
Engelbrecht het van die land se grootste musiekgroepe en kunstenaars voor sy kameralens gehad.
Reëlings vir ʼn gedenkdiens vir Engelbrecht is intussen bekend gemaak. Die diens sal ʼn klein en intieme familiegeleentheid wees, maar sal via ʼn YouTube-skakel regstreeks uitgesaai word.
Daar is ook tien venues reg oor die land waar die regstreekse uitsending saam met vriende en familie gekyk kan word. Hier is ʼn lys van venues:
- Capital Craft, Menlopark, Pretoria
- Fokof Bar – Lynnwood, Pretoria
- Jamaica Me Crazy – Woodstock, Kaapstad
- Jarr Bar – Silverton, Pretoria
- Railways Café – Centurion
- Rumours Lounge – Randburg, Johannesburg
- Romeos – Melville, Johannesburg
- Dominic Morel Residence – Knysna, Wes-Kaap
- The Daisy Jones Bar – Stellenbosch, Wes-Kaap
- Green Craft – Benoni, Johannesburg
Engelbrecht se diens vind Vrydag 21 Mei om 11:00 plaas. Hou sosiale media dop vir die YouTube-skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Sterkte aan sy vriende en familie.