Leandie: ʼn Klerereeks, dagbeplanner en nou ook wyn!

So lyk Leandie se eie wyn (Foto: Verskaf)

Die aktrise en entrepreneur Leandie du Randt Bosch, wat reeds haar eie motiveringspraatjies, dagbeplanner en klerereeks het, het nou ook haar eie rooiwyn bekendgestel.

Dié rooiwyn is ʼn geheime rooiversnit wat Wilhelm Pienaar van Hermanuspietersfontein-wyne vir Du Randt Bosch gemeng het. Dié wyn se naam is Du Randt Bosch 2017, Grateful .

Du Randt Bosch het aan Maroela Media vertel hoe die proses gewerk het om dié rooiwyn te maak.

“Ek sou eers die wyn saam met iemand anders gemaak het, maar die planne het toe nie deurgegaan nie. Maar soos die Here se wil, toe die tyd reg is, het Hermanuspietersfontein my gekontak. Dit was nadat ek met Skoonma Clothing begin het. Hulle het my gesê hulle het ʼn wyn met die naam Skoonma. Ons het toe so begin saamwerk,” het sy verduidelik.

Leandie du Randt Bosch (Foto: Verskaf)

“Ek het my droom om ʼn rooiwyn te maak met hulle gedeel, en Wilhelm het die wyn vir my gemeng. Hy het my verskillende wyne laat blind proe, om te sien van watter tipe wyne ek hou. Hy het my ook ʼn paar vrae gevra oor wat vir my belangrik is in ʼn wyn – die reuk, die soetheid ensovoorts. Daarvolgens het hy uitgevind waarvan ek hou,” het sy vertel.

Du Randt Bosch het gesê dit was vir haar ʼn jare lange droom om haar eie rooiwyn te hê omdat sy so baie van rooiwyn hou.

“Ek is verskriklik lief vir rooiwyn, en ek geniet dit veral saam met my vriende en familie. Wanneer ek dit geniet, saam met my geliefdes, voel dit vir my of ek die lewe vier. Ek voel of ek totaal en al myself is wanneer ek ʼn lekker glas rooiwyn drink.”

Sy het gesê dat sy die woord “grateful” in haar wyn se naam wou sit, omdat dankbaarheid vir haar so belangrik is.

Leandie het elke bottel met die hand geteken (Foto: Verskaf)

“Hopelik maak ek nog baie wyne, en ek sal elke keer ʼn karaktereienskap wat vir my belangrik is, in die naam wil hê. Dankbaarheid is baie belangrik in my lewe. Ek hoop mense wat die wyn drink, sal dit drink en dink aan alles waarvoor hulle dankbaar is, óf dit dalk koop vir iemand vir wie  hulle dankbaar is,” het sy gesê.

Du Randt Bosch 2017, Grateful, is net op skoonma.com beskikbaar en slegs 1 000 bottels is gebottel. Elke bottel is ook persoonlik deur Du Randt Bosch geteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nelia van Zyl ·

Nou toe nou, leer haar tog net eers keurige Afrikaans praat asseblief!

Kat ·

Lekker mens! Trots op jou dat jy kan doen wat jou hartjie begeer!!! Ja JJ ñ ware man sal enige berg uit klim vir die liefde van sy lewe, ek vind dit vervrissend!!!! Meeste mans moer en musbruik ñ vrou so shut up en drink ñ glas DRB graceful..meeeeuw mwa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.