Legendariese radioman nou by Jacaranda FM

Alex Jay. Foto: Kevin Mark Pass/Verskaf

Die legendariese radio- en televisie-aanbieder, Alex Jay, sal vanaf 3 Februarie op Jacaranda FM te hore wees.

Jay sluit by die stasie aan om Weekend Breakfast op Saterdae en Sondae tussen 06:00 en 10:00 aan te bied en hy sal ook by Sacha van Gelder op Jacaranda FM Regional aansluit, waar hulle Maandae tot Vrydae, vanaf 12:00 tot 16:00, na Mpumalanga en Limpopo sal uitsaai.

“Om ʼn aanbieder van Alex se formaat te verwelkom is vir ons ʼn groot voorreg. Hy het ʼn sterk band met gehore en vind aanklank by alle Suid-Afrikaners. Sy liefde vir radio en musiek weerspieël die waardes van die Jacaranda FM-handelsmerk en hy sal ʼn groot aanwins vir ons naweek- en streekproduk wees,” het Kevin Fine, Jacaranda FM se algemene bestuurder, gesê.

Jay, die trotse pa van drie – wat ook ʼn platejoggie, musikant, seremoniemeester en stemkunstenaar is – beskik oor meer as 36 jaar se ervaring en is opgewonde oor die nuwe hoofstuk. “Ek is mal oor nuwe uitdagings. Die skuif na Jacaranda FM is ʼn vars begin met baie potensiaal en natuurlik kry ek die geleentheid om met ʼn reusegroep luisteraars, waarmee ek dalk nog nie vantevore kon gesels nie, te kuier. Dis fantasties!”

Oor wat gehore te wagte kan wees van sy programme, sê hy: “Pret en plesier, ʼn lekker atmosfeer, plus, seker die belangrikste, meer van die hoërskooltreffers waaroor jy mal is. So litte los, hare los en kom ons doen dit!”

Ander groot nuus aan die Jacaranda FM-front is dat Liesl Laurie, voormalige mej. Suid-Afrika, nou Breakfast Xtra tussen 05:00 en 06:00 op weeksdae sal aanbied en ook haar beste voet voor sal sit om teen ander 11 ander bekendes deel te neem in Dancing with the Stars SA, wat vanaf 4 Februarie op M-Net (kanaal 101) te sien sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

nog nie ·

maar ek luister laaaankal se dae nie meer jakaranda nie…oeps

lee ·

As dit nie vir die vreeslike gelag (meeste v d tyd oor niks) was nie,kon ek van 4-7 na Rian geluister het…en waar gaan Barnie heen? Luister BESLIS nie van 6-9 nie…het vir 5 minute al probeer maar kan net nie die geskree verdra nie.RSG, Power en 702 kan gaan. Luister net Pretoriafm 3uur nuus, en laataand wanneer hulle nie daardie (irriterende) kenwysies speel nie…”Luister bietjie hier dis Pretoria…urhggg! Horrible!

Leu ·

Lees die artikel weer @lee. Barney gaan nerens nie, Jay voer uit na Limpopo en MP.

Danie ·

Nou kort nog net Robin Alexander dan is ons weer in die 80’s

christa ·

Ja Radio Bosveld was ‘n beter opsie as Jakaranda. Ek geniet Radio Bosveld terdee

VanAfrika ·

Alex Jay, gaan jy ve Afrikaans praat en nie ve English nie. ek vra maar net want dis mos n Afrikaanse stasie, is dit nie? Het nog nooit na die stasie geluister, dalk moet ek

Vet wurm ·

Kan verstaan hoekom jy 94.2 toe kom.
Daar is nie meer n verskil tussen Kaya radio,Radio Metro en 947 nie.
Alex jy is n nice guy.

Danie ·

Radio jakaranda kan aan boord kry net wie hul wil … daar is niks wat my gaan verander om die radio stasie weer te ondersteun en so sal dit bly.

Liezl ·

Kan hy nie maar die Breakfast Show in die week ook doen nie ??

Danie Grobler ·

Of Alex nou by krokeranda gaan begin of nie, ek luister steeds nie na die stasie nie.

Alicia ·

Ek sê dankie vir die dame’tjie op Jacaranda waarvoor ek my ‘n paar maande gelede gewip het…….. anders het ek nooit uitgevind wat se puik radio stasie Groot FM is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.