Luister: Bekendes sê: Vyf noodsaaklikhede vir Aardklop

Foto: Facebook

Foto: Facebook

As mens ʼn fees soos Aardklop bywoon, is daar goed wat jy moet saambring, veral met vanjaar se hittegolf in Potchefstroom.

Maroela Media het met ʼn paar bekendes gesels om te hoor wat jy moet saambring om Aardklop te geniet.

Sandra Prinsloo sê sy loop nie eintlik in die stalletjies rond nie, maar sy dink lugverkoeling is ʼn móét. Die aktrise Tinarie Van Wyk-Loots sê water en ʼn neussproei is broodnodig.

Wilhelm van der Walt meen pynpille en goeie vriende moet ook saamkom as jy die naweek Aardklop toe gaan. Vir Elize Cawood en haar man, Wilson Dunster, is piesangs weer op die lys en hulle sê akteurs moet ook baie moed hê terwyl hul  besig is met produksies.

Vir Marion Holm is stapskoene baie belangrik, want mens stap lekker ver tussen die stalletjies. Annamart van der Merwe dink weer ʼn glasie wyn en ʼn hoed is belangrik vir ʼn lekker Aardklop. Rocco de Villiers het meer praktiese wenke gegee wat sal help met jou voorkoms op die feesterrein.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.